Pexels: Hare
Haarstyl-inspirasie vir die feestyd deur: Corné Greeff. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie styl kan werk vir lang of kort hare. Jy kan jou hare effens gladder maak met ‘n haaryster en dan met bobby-pins ’n soortgelyke patroon skep deur die hare bokant jou oor weg te steek (soos op die foto).
Jy kan die styl eleganter maak indien die geleentheid meer formeel is. Gebruik dan eerder knippies met detail soos onder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vir diegene met korter hare, is dit dalk die kans om met knippies ‘n “kopstuk” te vorm soos die voorbeeld onder.
Lees ook: Teruggekamde bob: Doen dit so
Lees ook: Maak jy hierdie haarwasfoute?
’n Half-op-half-af styl werk goed as jy min tyd het vir hare doen. Ons hou van die bolla op die kop – dit lyk vars en modern. Jy kan die bolla ook versier met ’n frommelrekkie of die scrunchie, soos almal dit ken.
Indien jy nie ’n bolla-aanhanger is nie, kan jy ’n stringetjie hare agter vleg (soos op die voorbeeld onder), bind dit onder met ’n rekkie vas en maak ’n lint daarom vas om dit mooi af te rond.
Lees ook : 8 goed wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur
’n Lae bokstert met ’n frommelrekkie is ’n maklike en vinnige haarstyl, en die frommelrekkie laat dit ook sommer modern lyk.
As jy nie ’n frommelrekkie het nie, kan jy ’n serpie of lint gebruik.
Krul jou hare effens met ’n krultang om daardie strandvoorkoms te kry. Bind vas en vou hare om die rekkie sodat ’n mens dit nie sien nie en steek dan vas. Dit is goed om jou hare nou en dan weg te bind, maar ’n paar los stringetjies hare langs jou gesig kan mooi lyk. Maak net seker dit hang nie oor en in jou oë nie.
Ons wys jou hoe om hierdie oulike en vinnige vlegselbolla te maak. Klik hier om na die video te kyk.
Lees ook: Wenke vir fyn hare
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.