kategorieë: Nuut & NouKos

Harissa & Hoemoes

Wat is harissa?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Pikante rissiepasta van Noord-Afrika met ’n oranjerooi kleur. Dis ’n mengsel van brandrissies, knoffel, karwysaad, gemaalde komyn en gemaalde koljander wat met tamatiepasta, sout en olyfolie gemeng word. As jy dit met ’n lagie olie bedek, kan jy dit vir paar maande in die yskas stoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blitsidees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Meng met ’n eetlepel crème fraîche of jogurt vir ’n doopsous of marinade.
  • Rooster gehalveerde pitabrode oor die kole. Verdun harissapasta met ’n bietjie olyfolie, voeg ’n hand vol basiliekruidblare by en verf oor die warm pitabrode.
  • Meng deur warm, geroosterde calamari-ringe.

Wat is hoemoes?

’n Mediterreense smeer wat tradisioneel op meze-borde voorgesit word. Dit word gemaak van kekerertjies, tahini-smeer (’n sesamsaadsmeer), suurlemoensap, olyfolie en sout. Jy kan dit met geroosterde soetrissie, fyn komyn of knoffel geur. Smeer dit op broodjies vir ’n lekker en gesonde happie. Kekerertjies is ’n goeie bron van proteïene en vesel, en sesamsaad is ’n goeie bron van vitamien E en proteïene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blitsidees

  • Sit as ’n doopsous voor met geroosterde pitas of groentestokkies.
  • Gebruik as ’n smeer. Smeer op tortillas, pitas of burgers en vul met geroosterde hoender, tzatziki, tamatie en komkommer. – Sit ’n skeppie hoemoes saam met skyfies appel of peer voor vir ’n vinnige, skuldvrye snoephappie.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.