kategorieë: Ontspanning

Unisa Nasionale Klavierkompetisie 2015

Die Vyfde Unisa Nasionale Klavierkompetisie gaan vanjaar ’n nuwe Jazz-kategorie hê wat gelyktydig met die Klassieke kategorie aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit vind van 11 tot 18 Julie 2015 plaas in die Z K Matthews-Grootsaal op Unisa se Muckleneuk-kampus in Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kompetisie, geborg deur Unisa, is bekend vir die hoë vlak van tegniek, stamina, musikaliteit en fokus wat dit van die jong pianiste verg. Altesaam R190 000 se pryse dien as aansporing vir die kandidate om in te skryf. Die rondtes is oop vir die publiek en beloof om weereens ’n hoogtepunt op die musikale kalender in Pretoria te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van die land se mees gerespekteerde pianiste en klavierpedagoë gaan op twee panele dien: Ruth Goveia, Malcolm Nay, Elna van der Merwe en Wessel van Wyk vir die Klassieke kategorie en Neil Gonsalves, Paul Hanmer, Roland Moses en Andre Petersen vir die Jazz kategorie. Prof Karendra Devroop, Adjunkdirekteur van die Unisa Musiekstigting sal op beide panele dien.

Die vorige wenners van die Unisa Nasionale Klavierkompetisie is Mark Nixon (1999), Ben Schoeman (2003), Johan Botes (2007) en Jan Hugo (2011).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Senior klavierstudente, 28 jaar en jonger, word uitgenooi om hulle inskrywings voor of op 27 Februarie na die Unisa Musiekstigting te stuur. Die reëls, regulasies en inskrywingsvorm is beskikbaar op die webtuiste van die Unisa Musiekstigting: www.unisa.ac.za/musicfoundation

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.