kategorieë: Ontspanning

Karlien & Derick verloor hul baba

Karlien van Jaarsveld en haar man Derick Hougaard het Vrydagmiddag op sosiale media aangekondig hulle het hul ongebore baba verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Karlien se brief op Facebook lees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

15 Januarie 2015 sal my vir altyd bybly. Dis die dag wat ek ons dogtertjie verloor het op 19 weke. Die eerste keer toe ek God vra oor haar naam sê Hy ek moet gaan op haar hartklop. Die eerste hartklop wat ons van haar gekry het op die sonar was 174. Vir ’n lang tyd kon ek nie die betekenis van 174 kry nie en ek het die getal opgebreek in 100, 70 en 4 en die betekenisse daarvoor gaan soek. Alles het op dieselfde neergekom, Spiritual completeness, fullfilment of a promise, ’n belofte wat ‘fullfil’ word. So het ek bly journey met God oor haar naam. Ek het nooit die naam van daai betekenisse gekry nie, met die rede dat dit slegs deel was van haar roeping, om iets in ons te kom heel maak en te ‘complete’ ’n deel van haar wat ek moes verstaan. Ek het konstant kind van versoening gekry by die Here.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 dae terug kry ek vir die eerste keer die betekenis van die getal 174, dit beteken ‘innocent death’ my hart was baie seer en ek het by God begin pleit vir genade oor ons baba dogtertjie. n Dag later het ek begin bloei en is ek in die hospitaal opneem met ’n redelike hoë infeksie merker. Ek is ’n dag later ontslaan, maar die middag by die huis kon ek voel ek kry kontraksies.

Ek het by die huis geslaap en 6 uur wakker geword met baie bloeding, ek het my man geroep en gevra of hy my hospitaal toe sal vat. Hulle het my dadelik opgeneem en medikasie gegee om die kontraksies onder beheer te kry. Na ’n ruk was die kontraksies onder beheer. My ma en pa het kom kuier en ons het almal weer rustiger geraak en lekker gesels en saam gebid. Toe sê ek vir Derick om die suster te roep ek dink my water het gebreek. Hy het my baie deurmekaar aangekyk maar haar gaan roep. Dit was toe so en al wat sy sê is hoe jammer sy is. Dit voel soos ’n fliek. Ons is almal in trane. Die dr kom sien my en verduidelik ons als…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit klink onwerklik en of alles net iewers ok sal raak.. Maar die infeksie is in my baarmoeder in en ek staan die kans om my uterus te verloor en selfs my lewe. Dr Grassie sê 1 in ’n 100 vrouens kry die infeksie en jy weet nie dat jy dit het tot jy swanger is nie. Ek het al my vrugwater verloor en ek was 10 cm ontsluit, maar ons het bly bid, bly glo dat Evah sal lewe. Ek vra toe dat hulle nog bloedtoetse doen enige iets dat ons alle uitwegte moontlik probeer om haar lewe te red. Ons het so gebid dat my bekkenbene weer toegemaak het tot op 1 cm, die dr sê sy het nog nooit so iets gesien het dis haar eerste keer.

Ons almal was so vas oortuig dat God haar lewe sal red. Maar my infeksietelling het net opgegaan, waar hy 5 moes wees is hy 137. My dr het begin bekommerd raak dat ek my lewe in gevaar stel. Ons het nog ’n sonar gedoen maar geen vrugwater was oor nie. Die babatjie het kleiner geword in die 2 dae omdat sy niks vrugwater het om in te beweeg nie. Ons harte is gebreek maar God in Sy getrouheid aan wie Hy is, begin stadig maar seker vir ons oopbreek wat aan die gang is. Sy was presies 19 weke oud. 19 beteken Worship. God het haar ’n keuse gegee om vlees te word en hier te lewe of om na Hom te kom en deel te vorm van die wolk van getuies wat ons aanmoedig op aarde om in ons roepings te beweeg. 19 is toe ook die getal wat beteken Eve ‘lewe’… Presies wat ons haar genoem het. Sy het haar roeping reeds volbring.

Onskuldige bloed bedek baie sonde, soos die getal 174 beteken ‘innocent death’. Dit laat my ook meer verstaan oor hoe God Sy onskuldige seun opgeoffer het vir ’n vuil, sondige wêreld. En ons op aarde het nog ’n pad om te stap wat sy in 19 weke klaar gemaak het. Sys ’n worshiper. Sy het God gekies.

Ek prys God deur ons seer om te sien dat Hy heeltyd teenwoordig is en was en sal wees. So weet ek ook nou verseker dat kinders net aan ons geleen is. Evah was baie klein maar perfek gevorm. Ons sal jou vir altyd lief hê pop, en jou altyd eer dat jy God kies bo alles. Gister was die slegste dag van my lewe, maar Vader dankie dat ek haar 19 weke kon dra, dit was ’n voorreg. U naam alle eer.

-Mamma-

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

15 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

23 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.