kategorieë: Sukses en geld

Ons gesels met die hoof van die Breast Health Foundation

Dr. Carol-Ann Benn is ’n bietjie soos ’n stylvolle foto in ’n interieurtydskrif waar die stadige lensspoed die interieur in fokus hou, maar die eienaar net ’n wasige blerts is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis byna onmoontlik om haar vir ’n onderhoud vas te pen. Sy staan soggens halfvyf op en begin vyfuur, halfses se kant werk ná sy met ’n “green juice” in die een hand en ’n koffie in die ander die huis verlaat. En sy maak saans halfelf klaar. Sy werk ses dae per week en neem gewoonlik Sondae af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haar pasiënte weet al dat sy soms laat is weens noodgevalle, maar as sy die deur van haar konsultasiekamer toetrek, het jy haar volle aandag. Dan loop jy nie voor al jou vrae beant-
woord is nie. En almal vertel van haar empatie, werklike belangstelling en bemoedigende drukkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek sal altyd ’n pasiënt met ’n mediese probleem sien en maak seker dat ek iemand met ’n borskankerdiagnose of probleem binne 48 uur spreek. Ek is van nature ’n angstige mens en ek kan my net voorstel watter spanning iemand beleef as sy nie weet wat die impak van die diagnose gaan wees nie. Die goeie nuus is dat borskanker baie suksesvol behandel kan word.”

Hoe versoen sy haar baie besige loopbaan met ’n gesinslewe? “Ek het ’n wonderlike lewensfilosofie: Doen dit waarin jy goed is, eerder as om alles gemiddeld te probeer doen. My personeel by die huis en werk is soos my familie en staan in waar ek nie kan bykom nie. Ek is baie betrokke by my kinders maar ek het beslis nie tyd om hulle smiddae rond te ry nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het ’n wonderlike assistent, Lee-Ann Landsberg, wat die kinders altyd rondgery het, maar nou doen haar skoonouers (albei leerkragte) die karweiery en huiswerk.

“Ons is ’n baie hegte familie en almal werk saam.” Dom (23) is die oudste en studeer regte. Hoewel hy nie meer by die huis woon nie, help hy ook met die karweiery van sy sussie Tia (14) en boetie Caleb (9).

“Lee-Ann is verantwoordelik vir die dag-tot-dag reëlings van die huishouding, koördineer my werk en reisskedule met die kantoor en maak seker ek woon belangrike wedstryde, skoolbedrywighede en konserte by. Moet my nie vra wat die kinders se skoengroottes is of om kruideniersware te gaan koop nie. Ek het geen idee nie en dis nie vir my belangrik nie. Ek is mal oor wat ek doen en het ’n wonderlike span by die werk en huis. Ek voel nie dat ek enige druk in my lewe het nie; ek skep meer druk as wat ek beleef.”

En “nee” bestaan nie in haar woordeskat nie. “‘Ja’ is ’n veel vriendeliker woord en dan delegeer ek.”

Haar man, Charl van Loggerenberg, is ook ’n mediese dokter en plaaslike mediese direkteur van Internasionale SOS. Sy werk neem hom na afgeleë plekke waar nood is.

“Hy is kalm en ontspanne en ons skeduleer date nights en naweke kuier ons saam met die familie. Elke vier weke gaan ons ook vir ’n naweek weg. Sondagoggende oefen ons saam in ons tuisgim en ná meer as twintig jaar hou ek steeds daarvan om te kyk hoe hy push ups doen!

“Ek het altyd my hardloopskoene by my en gaan hardloop soms vir ’n halfuur tussen operasies.”

Sy maak ook planne om vanjaar nog ’n Renewal Breast Clinic in die Johannesburg- se middestad te begin en haar dogter te help met haar eie veldtog, “Lonely Soles”, wat onpaar sokkies aan behoeftiges voorsien om voetinfeksies te voorkom.

Ja, as jy iets gedoen wil kry, gee dit vir ’n besige mens …

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.