Genoeg vir 15
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 110 g botter
• 75 g sagte bruinsuiker
• 15 ml (1 e) gouestroop
• 55 g volgraanmeel
• 55 g koekmeel
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 110 g hawermout
• 100 g pekanneute, ruweg gekap
• 10 ml (2 t) fyngemaalde gemmer
• 2,5 ml (½ t) sout
• 1 eier, liggies geklop
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Meng die botter, suiker en gouestroop in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer deurentyd totdat die botter en suiker gesmelt is.
3 Meng die volgraanmeel, koekmeel, bakpoeier, hawermout, pekanneute, gemmer en sout in ’n middelslagmengbak. Maak ’n gaatjie in die middel.
4 Meng die stroopmengsel en eier by die droë bestanddele in.
5 Meng goed.
6 Rol die mengsel in klein (sowat 35 g) balletjies uit. Pak die koekies op die voorbereide bakplaat en druk die balletjies met jou duim of met ’n vurk effens platter.
7 Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
Misokaramel
Miso (beskikbaar by gesondheidswinkels) is gefermenteerde, gestoomde sojaboontjies. ’n Klein bietjie is genoeg om ’n diep umami-geur aan geregte te gee. Dit verryk en verdiep die karamel en is gewis iets wat jy kan probeer.
• 150 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 15 ml (1 e) donker misopasta
1 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
2 Kook vir 4-5 min. of tot goudkleurig en die mengsel begin karamelliseer.
3 Trek van die hitte af en voeg die room by en dan die miso en roer tot goed gemeng.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.