Die geure van heerlike koffie en vars gebakte kolwyntjies oorweldig jou as jy by die deure van State5 in Greenside, Johannesburg instap en die atmosfeer, saam met die lekker musiek, laat mens dadelik welkom voel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ons het ’n verskeidenheid koffie geproe wat op die oomblik baie gewild is in Amerika en ook besig is om opslae in Suid-Afrika te maak. Tog, na my mening, staan die ‘Cold Brew coffee on tab’ kop bo water uit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit is egter ’n unieke smaak wat sommige koffiedrinkers dalk nie mag aanstaan nie. ’n Ander drankie op my lys van gunstelinge is die ‘Pancake Late’ wat State5 self brou met kaneel, suiker en vanielje. Dit is definitief ’n moet-proe!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die kos is ook uit die boonste rake. Dit is besonders lekker ,vars en geurig en op versoek word ’n brandsousie saam met jou dis bedien.
Sate5 laat my aan ’n tipiese, gesellige, New Orleans-eetplekkie dink. Die personeel is vriendelik, baie hulpvaardig en deel graag hul kennis oor koffie. Dit was baie interessant om te hoor hoe hulle die koffie rooster, maal en dan ook perkoleer om verskillende smake te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dit was ’n heerlike ervaring. State5 is definitief ’n plek wat my gou weer sal sien.
Loer gerus op hul webblad wat ook een van die dae ’n aanlyn-winkel gaan wees.
Loer na ons resensie oor die Whippet in Linden óf lees meer oor ons ervaring by die beste koffiewinkel in die wêreld.
Lees ons resensie oor Life Grand Café vir iets meer Mediterreens óf lees oor ons besoek aan die Koi-restaurant vir ’n Sjinese-ervaring.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.