kategorieë: In die nuusJou lewe

Bedink ’n plan B vir ’n noodgeval

Het jy geweet?

  • Die SAPS se 10111-diens vir misdaadverwante oproepe ontvang gemiddeld 29 499 oproepe per dag, oftewel 20 oproepe per minuut.
  • Fop-oproepe maak ’n kommerwekkende groot deel hiervan uit.
  • Fop-oproepe is krimineel strafbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

10 wenke om beter voorbereid op noodgevalle te wees

• Maak seker jy het ’n kontaklys van noodpersoneel byderhand (dokters in jou area, die brandweerdiens, privaat-nooddiensvoorsieners, loodgieters en elektrisiëns) vir ingeval die owerhede nie vinnig genoeg kan reageer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Maak seker jou huishulp het ’n noodtelefoon wat hy/sy kan gebruik en weet watter nommers om te skakel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Wanneer jy die SAPS of ander nooddienste skakel, maak seker dat jy ’n gedetailleerde beskrywing van die insident en volle adresbesonderhede byderhand het.

• Maak ook seker dat jou huis- of erfnommer duidelik sigbaar is en stel die owerhede in kennis wanneer ’n straatnaam nie duidelik aangedui word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Maak gebruik van slimfoon-apps wat sleutelkontakte in kennis kan stel wanneer jy in ’n noodsituasie verkeer.

• Wees deel van ’n gemeenskapforum op sosiale media, waar inligting gedeel word oor moontlike kriminele aktiwiteite en ander gevare.

• Wees deel van ’n kitsboodskapgroep (soos op WhatsApp) in jou kompleks of area.

• Stoor jou bure se kontakbesonderhede op jou foon of skryf dit êrens neer. Maak seker jy weet watter voertuig hulle besit, sowel as wie veronderstel is om rondom hulle huis te wees en wie nie.

• Dring aan op streng reëls van jou kopleks se beheerliggaam wat vereis dat besoekers en kontrakteurs fyn gekeur en geïdentifiseer word.

• Dring ook daarop aan dat sekuriteitspersoneel goed opgelei is en deeglik is in die voltooiing van besoekersregisters.

Wat kan jy nog doen? Probeer om eers 08600 10111 as alternatief vir 10111 te skakel óf skakel 112 wanneer jy van jou selfoon af bel.

Besoek Virseker se webblad vir meer inligting.

Bron: Virseker

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.