kategorieë: Nuut & NouKos

Heerlike koffie in ’n gesellige atmosfeer

Die geure van heerlike koffie en vars gebakte kolwyntjies oorweldig jou as jy by die deure van State5 in Greenside, Johannesburg instap en die atmosfeer, saam met die lekker musiek, laat mens dadelik welkom voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het ’n verskeidenheid koffie geproe wat op die oomblik baie gewild is in Amerika en ook besig is om opslae in Suid-Afrika te maak. Tog, na my mening, staan die ‘Cold Brew coffee on tab’ kop bo water uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is egter ’n unieke smaak wat sommige koffiedrinkers dalk nie mag aanstaan nie. ’n Ander drankie op my lys van gunstelinge is die ‘Pancake Late’ wat State5 self brou met kaneel, suiker en vanielje. Dit is definitief ’n moet-proe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kos is ook uit die boonste rake. Dit is besonders lekker ,vars en geurig en op versoek word ’n brandsousie saam met jou dis bedien.

Sate5 laat my aan ’n tipiese, gesellige, New Orleans-eetplekkie dink. Die personeel is vriendelik, baie hulpvaardig en deel graag hul kennis oor koffie. Dit was baie interessant om te hoor hoe hulle die koffie rooster, maal en dan ook perkoleer om verskillende smake te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was ’n heerlike ervaring. State5 is definitief ’n plek wat my gou weer sal sien.

Loer gerus op hul webblad wat ook een van die dae ’n aanlyn-winkel gaan wees.

Op soek na nog koffie-inspirasie?

Loer na ons resensie oor die Whippet in Linden óf lees meer oor ons ervaring by die beste koffiewinkel in die wêreld.

Nie regtig ’n koffiedrinker nie?

Lees ons resensie oor Life Grand Café vir iets meer Mediterreens óf lees oor ons besoek aan die Koi-restaurant vir ’n Sjinese-ervaring.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.