kategorieë: Ontspanning

Helderberg Fresh wyn- en kosfees om die draai

Deur Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis die suster-geleentheid van die gewilde Constantia Fresh wat al vir vele jare ’n sosiale hoogtepunt op liefhebbers van die goeie dinge in die lewe is.

Vanjaar se Helderberg Fresh word op Saterdag 25 November van 14:00 tot 18:00 gehou en net 200 gaste word per geleentheid toegelaat, om te verseker elke gas kry die vyfster-behandeling wat hulle verdien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die mede-eienaars van Fresh: Higgo Jacobs en Annareth Bolton.
Wat sal wyn sonder goeie kaas en tuisgebakte brood wees?

Die fokus is op vars en daarom sal die peuselhappies die beste van die plattelandse heilsaamheid weerspieël. Die gewilde Kokkedoor-beoordelaar, sjef Nic van Wyk van Kleine Zalze Restaurant, sal klein bordjies voorberei, wat reuse geure met jou gunstelinge wyne pasmaat. Glanssjef Bertus Basson bring lekkergeite uit twee van sy gewildste restaurante, Chorus en Clara’s Barn, daar is ook kos van Ghenwa’s Culinary Club, ’n Oestafel, Las Paletas roomys-toebroodjies en Gustaaf Boshoff van Millhouse Kitchen at Lourensford se vernuftigheid in die kombuis.

Met die Oestafel is varsheid en geurigheid die wagwoorde.
Glanssjef Bertus Basson bring lekkergeite uit twee van sy gewildste restaurante, Chorus en Clara’s Barn.

Jou feeskaartjie sluit ’n proeglas, proeë van meer as 200 wyne, peuselhappies en lewendige musiek in.

Wie wil nou nie eerder ’n Saterdagmiddag op ’n wynplaas so mooi soos Lourensford deurbring nie.
Bring jou vriende vir ’n heerlike tuinparty met die beste kos, wyn, musiek en atmosfeer.

Die wyne wat geniet kan word, sluit onder meer Lourensford, Vergelegen, Morgenster, Journey’s End, Waterkloof, Idiom, Hidden Valley, Peter Falke, Waterford, Stellenrust, Kleine Zalze, Dornier, Vergenoegd, Le Riche, Metzer & Holfield, Stellenzicht, Guardian Peak, De Trafford en Kruger Family Wines van die Helderberg in en van Elgin is Paul Clüver Wines, Oak Valley en Iona ook daar.

Met meer as 200 wyne te proe, kan jy ’n lekker kykie in die wonderlike wyne van die Helderberg-wyk in die Stellenbosch Wynroetes en wyne van Elgin geniet.
Uit die Elgin-vallei is daar wyne van Paul Clüver Wines, Oak Valley en Iona.

Sir Juice, The Dutchess, Devil’s Peak en Clemengold Gin bied wyn-alternatiewe.

Die gewilde Kokkedoor-beoordelaar, sjef Nic van Wyk van Kleine Zalze Restaurant, sal klein bordjies voorberei, wat reuse geure met jou gunstelinge wyne pasmaat.
Verskeie kosvoorsieners sal hul slag met peuselgoed kom wys.

Besoek helderbergfresh.co.za vir kaartjies en meer inligting. Kaartjies kos R750 inklusief.

Lees ook: Margaret Gardiner se moetie vir ’n miserabele dag

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.