kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Herwin glas en maak ’n verskil aan die planeet

The Glass Recycling Company (TGRC), die Suid-Afrikaanse organisasie verantwoordelik vir die bevordering van hergebruikte glas, stel gereeld herwinningsyfers bekend. Die syfers het sedert 2004/2005 met 40% gestyg toe slegs 18% van glashouers wat jaarliks vervaardig word, vir herwinningsdoeleindes gebruik is. Daarom is dit TGRC se doelwit om alle Suid-Afrikaners te oorreed om herwinbare gedragspatrone aan te leer wat sal lei tot beter plaaslike herwinningsyfers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Paar wenke om jou glasherwinningsroetine te vereenvoudig

• Maak ’n lys van al die items in jou huis wat jy gereeld gebruik wat herwinbaar is.
• Plak die lys op jou yskas (soos ’n inkopielys) om elke lid van die gesin daaraan te herinner.
• Plaas ’n ekstra drom langs die gewone asblik en merk dit as die “glasherwinningsdrom.” Wanneer die drom vol is, vat dit na jou naaste glasbank (SMS die woord ‘GLAS’ en jou voorstad na 32310 om vas te stel waar die naaste glasbank is).
• ’n Koolstofsakrekenaar (carbon calculator) kan jou help om te bepaal hoeveel energie jy deur middel van glasherwinning bespaar. Google dit en laai dit op jou rekenaar af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Interessante feite oor glas en glasherwinning in Suid-Afrika

• Glashouers hoef nie skoon te wees wanneer dit by ’n glasbank afgelaai word nie.
• Kry ’n lys van alle glasbanke by www.theglassrecyclingcompany.co.za gevind word. Bel The Glass Recycling Company by 0861 2 GLASS (45277).
• Altesaam 338 265 ton glas is reeds sedert Julie 2009 in Suid-Afrika herwin terwyl die hoeveelheid glas wat in die laaste vyf jaar herwin is met 120% gestyg het.
• Nuwe glas word uit ’n mengsel van vier hoofbestanddele gemaak: sand, natriumkarbonaat, kalksteen en ander bymiddels soos yster (vir bruin of groen glas) en chroom of kobalt (vir onderskeidelik groen of blou glas).
• Glasherwinning verminder die aanvraag na grondstowwe.
• Vir elke ton herwinbare glas wat gebruik word, word 1.2 ton grondstowwe bewaar.
• Elke kilogram herwinde glas vervang 1.2 kg grondstowwe wat andersins gebruik moes word.
• Glas is heeltemal herwinbaar en kan vir ’n onbepaalde tydperk herwin word sonder om die waarde, suiwerheid en helderheid daarvan te verloor.
• Die energie wat bespaar word wanneer een glasbottel herwin word, veroorsaak 20% minder lugbesoedeling en 50% minder waterbesoedeling as wanneer ’n nuwe bottel van grondstowwe gemaak word.
• Die herwinning van twee glasbottels spaar genoeg energie om water vir vyf koppies tee te kook.
• Die koste van energie daal met 2-3% vir elke 10% herwinbare glas wat in die glasvervaardigingsproses gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.