kategorieë: GrimeringSkoonheid

#WinterTrends2016, modeweek-grimering

Die meeste grimeer-“junkies” wat oorsese trends, blogs en artikels lees, sou al die naam Pat McGrath raakgelees het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• McGrath is Brits.
• Haar liefde vir mode en grimering het begin terwyl sy en en haar ma klassieke ou flieks op televisie gekyk het.
• Sy het opleiding in kuns, maar nie as ’n grimeerkunstenaar nie.
• Gedurende haar tienerjare het sy dit geniet om op te tof en grimering te dra toe ’n bekende TV-aanbieder haar gestop en gevra het wie het haar grimering gedoen. En haar toe gevra om haar grimering ook te doen.
• Sy is die kreatiewe direkteur vir Proctor & Gamble se Covergirl asook Max Factor.
• Sy reis die wêreld rond vir fotosessies en modeweke.
• Prada, Dolcé & Gabbana, Lanvin, supermodelle soos Gisele Bunchen en Naomi Cambell, asook sterre soos Oprah Winfrey, Madonna en Jennifer Lopez val onder haar kliënte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Modeweek 2016 was uitspattig, dit was alles of niks. Die voorkomste was óf effens surealisties en uitspattig óf afgestroop en kaal.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kunsmatige intelligensie

Kenmerke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Gotiese sjiek
• Donker gevoel
• Nuwe lipkleure soos pastelblou en neon-oranje
• Vel was sy-agtig of skoon en natuurlik
• Oog-grimering was minimaal, wenkbroue is liggies ingevul en slegs maskara is gebruik
• Wange: ’n skaars sigbare blosser is gebruik
• Lippe was die fokus

Hier is oranje lippe by die Paco Robanne-vertoning.

Blou lippe! Ook by Paco Robanne

Rooi lippe

Die nuwe rooi lip-voorkoms is meer ongedefinieerd en edgy en kan bedags of saans gedra word. Pat het Max Factor se grimering gebruik vir die Vicoria Bekham-vertoning.

• Vel: ’n voorbereidingslagie is gebruik en onderlaag slegs waar nodg.
• Oë: ’n lagie khaki of oranje op die ooglede en ’n taupe-kleur aan die onderste wimpers. Maskara op die boonste wimpers.
• Lippe: twee verskillende rooi lipstiffies (Max Factor Lipfinity in Always Egg Plant en Marilyn Monroe Collection in Sunset Red) is gemeng en met vingerpunte aan die modelle se lippe gedruk.

Max Factor Lipfinity Long Lasting Lipstick in 65 So Luxuriant (R169,95)

Optiese illusie

Die fokus was ’n ligte en glansende vel met naakte, natuurlike skakerings.

Rooksein

Die rokerige oë-voorkoms is steeds verleidelik, maar ook sterk en koel. Nuwe skakerings is gebruik en Givenchy se rokerige kat-oog voorkoms was ’n goeie wegbreek van die gewone voorkoms.

Givenchy se nuwe kat-oog voorkoms

Versace se rokerige oë-voorkoms

Om hierdie tipe moderne kat-oog voorkoms te skep, stel Pat voor jy gebruik Max Factor Masterpiece High Precision Eye Liner in Black (R295,95). Begin by die buitehoek van jou oog en trek ’n lyn tot in die binnehoek van jou wimper. Die lyn moet dikker buite wees en dinner na die binnehoeke. Begin weer by jou beginpunt en trek die lyn ook onder jou onderste wimpers.

Max Factor Masterpiece High Precision Liquid Liner in 01 Velvet Black (R295,95)

Onafhanklike, koel meisies

Vir meisies wat wegbeweeg van die norm en nie in ’n boskie geplaas wil word nie.

Tommy Hilfiger

By die Tommy Hilfiger-vertoning was die inspirasie  pragtige, vrygeestige “downtown” meisies wat grense verskuif. Haar grimering is vars en vroulik.

• Vel: warm en gesond, met ’n dou-agtige glans
• Oë: glansende, goue kleur oor die oë
• Wenkbroue: veeragtig
• Lippe: lipvlek

1. Max Factor Smokey Eye Drama 2-in-1 Eye Shadow and Brow Kit in Sumptuous Golds (R159,95)

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.