kategorieë: TrendsMode

Heupsakkies is terug!

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om heupsakkies te dra het nie in (of eerder, om) almal se broek gesit nie. Boonop was dit geensins vleiend vir jou figuur nie. Maar met die die voordele dat albei jou hande vry is, jy nie ’n swaar gewig oor jou skouer hoef te dra nie, en dat dit boonop kan dien as ’n gordel, kon ontwerpers soos Gucci dit nie weerstaan om hierdie sakkie met ’n kinkel terug te laat keer nie – en dit het lekker skelmpies ons onkant gevang! Ons deel met jou ’n paar veranderinge, nuwe style en hoe om heupsakkies te dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Steeds klassiek

Vir diegene tussen ons wat vasklou aan dié ouer styl: Heupsakkies kom nou in kleurryke materiale voor en word met blinkers en borduurwerk versier. Jy kan dit steeds om jou heup dra soos in die verlede, maar die nuutste gier is eintlik om dit soos ’n skouersakkie skuins oor jou lyf te laat hang. Kies ’n grootte wat by jou pas – eerder kleiner as te groot – en onthou dat dit nie jou klere moet skeefdruk as dit oor jou lyf hang nie. Ons hou ook van hoe Kim Kardashian-West dit onder haar baadjie dra om makliker aan en uit te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Nuut en nou

Die styl soos dié van Gucci bestaan uit ’n sakkie wat soos ’n normale palmhandsakkie lyk en deur ’n gordel geryg word en om jou lyf gebind word. Baie bekendes bind dit om hul middel, eerder as hul heupe, sodat dit ’n uurglasfiguur skep. Die hierdie styl is dus effe fyner en vrouliker as die kenmerkende styl en daarom so gewild. Boonop beteken dit dat albei jou hande vry is! Bind dit om baadjies, jasse of net om jou hemp.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.