Netflix het pas die eerste lokprent vir Semi-Soeter, die opvolgfliek van die 2012-lokettreffer Semi-Soet, vrygestel – en dit lyk na alles wat kykers van die oorspronklike romantiese komedie geniet het… en meer. Die fliek word op 20 Junie op die stromingsdiens vrygestel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Anel Alexander en Nico Panagio keer terug as Jaci en JP, nou ’n getroude paartjie wat op papier alles het – liefde, sukses, en mekaar. Maar soos die lokprent wys, is happily ever after nie so eenvoudig soos dit klink nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wanneer ‘n hoë-risiko sakegeleentheid in hul skoot beland, voel dit asof alles waarvoor hulle gewerk het uiteindelik binne bereik is totdat JP se skoolmededinger, Joubert (Neels van Jaarsveld), onverwags sy verskyning maak en vir dieselfde kontrak meeding. Skielik is alles op die spel – hul loopbane, hul huwelik, en hul toekoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Jaci, JP en hul lojale beste vriende en sakevennote, Hertjie (Louw Venter) en Karla (Sandra Vaughn), probeer met ’n kreatiewe plan die kompetisie uitoorlê. Maar soos die lokprent aandui, is niks in die liefde of besigheid ooit eenvoudig nie…
Anel Alexander en Sandra Vaughn het die film se draaiboek geskryf en die regie is deur Joshua Rous behartig. Bekende gesigte soos Diaan Lawrenson keer terug as die eksentrieke Chadrie, en Hélène Truter voeg ’n dosis wysheid (en ‘n skerp tong) as Marietjie by die rolverdeling.
Lees ook: Rolanda Marais oor vrouwees en nuus lees in Die nuusmakers
Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…
Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…
Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…
In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…
Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…
Hierdie webwerf gebruik koekies.