kategorieë: WenkeMode

Hierdie toestelle help jou om nooit weer iets in jou handsak te verloor nie!

Hierdie toestelle help jou om nooit weer iets in jou handsak te verloor nie! deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Krap jy gedurig in jou handsak om seker te maak jy het alles ingepak? Of vergeet jy dikwels jou foon op vreemde plekke? Opsporingstoestelle soos Adero hou jou kop bo water en jou items bymekaar. Hier’s hoe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Superheld vir jou handsak

Kry jy ook daagliks klein paniekaanvalle wanneer jy deur jou handsak voel en nie jou foon kry nie? Jy is nie alleen nie. In die besige tye waarin ons leef, werk ons koppe oortyd en glipse is nie vreemd nie.

Maar ons het goeie nuus.

As jy nog nie van ‘n opsporingstoestel gehoor het nie, kan jou lewe dalk  nou verander. Hoewel die opsporingstoestelle verkillende tegnieke en aanwysings het, het almal dieselfde doel: Om jou items bymekaar te hou.

Toestelle soos Adero werk grotendeels via die applikasie op jou slimfoon, maar ander soos TrackR kan met die druk van ‘n knoppie luitoonseine uitstuur na die items wat aan die toestel gekoppel is.

Hierdie toestelle kan tot vir jou ’n aanduiding gee van waar jou verlore item is – indien dit nie te ver is nie. Toestelle soos Tile haak aan jou sleutels en ritssluiters, en Adero word op jou items geplak – jy kan kus en keur. Die apparate is so groot soos ’n muntstuk en lyk glad nie steurend op jou items nie.

Lees ook: Gooi die jare af soos Liza Miller in Younger

‘n Voorbeeld van hoe groot die TrackR-toestel is. Hierdie toestelle help jou om nooit weer iets in jou handsak te verloor nie!

Hoe werk dit?


Die pakket bestaan uit ’n tag wat jy aan jou handsak heg; en taglets, die golfkonneksie-plaatjies wat jy op jou items plak. Die opstelproses is vinnig, jy laai ’n app af op jou foon (geskik vir Apple en Android) waar jy elke item met ’n taglet benoem, registreer en groepeer onder die tag aan jou handsak.

Wanneer jy wil seker maak of alles in jou handsak is, druk jy op die knoppie van die tag en ’n groen liggie sal flikker as alles bymekaar is. Indien die liggie rooi is, kan jy op jou selfoon-app gaan kyk watter items kort.

Lees ook: Lentemodes onder R500

Adero se liggie wat groen en rooi skyn soos jy jou items soek

Hierdie slim taglets bevat ook ’n opsporingselement wat jou help om ’n verlore item op te spoor as jy dink jy het jou item dalk in ’n koffiewinkel vergeet. Jy kan dit selfs stel dat jou foon outomaties ’n kennisgewing kry indien al die items nie met jou handsak-tag ooreenstem nie.

Daar is ook ’n funksie op die app wat jy kan stel om jou te herinner wanneer jy jou sak met gemerkte items benodig, vir byvoorbeeld ’n oefenklas. Sommige kliënte het ’n pakket vir hul kinders en hul skooltasse gekoop sodat oggende vinniger en vriendeliker kan verloop.

Maar, net soos alle superhelde, moet hierdie wondertoestel ook af en toe herlaai word. Die laaier het ’n USB-punt wat in enige rekenaar / laaiprop gedruk kan word en binne ’n paar uur is jy en jou vennoot weer gereed om die wêreld aan te pak!

Lees ook: 5 moderne maniere om pêrels te dra

Adero is tans nog net in SA beskikbaar via Amazon, maar hou gerus hul webtuiste dop nuwe inligting.

Besoek ook die webtuistes van TrackR en Tile vir meer inligting oor hul opsporingstoestelle.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.