kategorieë: Gesondheid

Hittegolf of gloed?

Wat sal hier by ons werk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het ’n paar tegnieke gaan opspoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probeer die joga-tegniek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Joga het in die warme Midde-Ooste ontstaan. Dié mense ken hitte. Jogi maak so:

  • Maak jou mond effens oop en druk liggies met jou tong teen die agterkant van jou voortande.
  • Slurp nou lug deur jou mond in. Doen dit stadig sodat jy die afkoel-effek so lank moontlik uitrek. Die lug spoel heerlik koel om jou tong en teen jou verhemelte.
  • Hou die lug ’n paar tellings in jou longe en blaas dit dan deur jou neus uit. Blaas vinnig uit sodat jy nie te lank aan die hitte blootgestel word nie.
  • Maak jou mond toe om jou tong en verhemelte weer vogtig te kry.
  • Herhaal 5-10 keer.

Wenk: As jy dit oordoen, kan jy hiperventileer. Keer dit deur tussen elke afkoeling eers ’n paar keer normaal asem te haal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die menopuse … is jy bo 45?

Hmm, is jy in of naby die menopouse? ’n Gloed begin van jou décolleté en sprei kopwaarts en maagwaarts. Die meeste vroue voel terselfdertyd hoogs ongemaklik en letterlik warm om die kraag – geïrriteerd, angstig of huilerig.

Wat help? Hormoonterapie (HT), wat estrogeen (ET) of estrogeen en progesteroon saam (EPT, en basies dieselfde komponente as in die Pil) kan wees.

Werk dit? Beslis. Waar daar geen goeie navorsing is wat wys dat kruie soos swart kohosh en sojaprodukte werklik gloede keer nie, is daar talle goeie ondersoeke wat wys dat HT werk. Teen hierdie tyd weet ons dat die risiko’s baie klein is.

Aangesien die menopouse gemiddeld vyf jaar duur, gaan jy dit ook nie so lank gebruik dat jy werklik veel risiko loop nie. Maar HT pas nie by alle vroue nie. As jy ’n geskiedenis het van beroerte of ander hartkwale, migraine of borskanker, sal jy waarskynlik nie HT mag gebruik nie. Vra jou ginekoloog om jou deeglik te evalueer voor hy jou daarop sit.

Kry ’n bottel suiwer water

Koeldrank maak jou nie koel nie: dit maak jou warm.

Dit werk so: Koeldrank en vrugtesap bevat suiker – en sommer baie daarvan. Jou liggaam gebruik suiker as brandstof. Wat gebeur as jy ’n blikkie propvol suiker in jou liggaam instort? Jou liggaam het geen ander keuse as om daardie suiker – tot 25 teelepels in ’n blikkie gewone koeldrank – dadelik te verbrand nie. En dit beteken hitte, hitte en nog hitte wat van binne jouself kom. Koelers bevat nie net suiker nie maar ook alkohol wat selfs vinniger hitte vrystel. Wat van laekilojoule koeldranke? Hulle is beslis beter. Maar kyk of hulle kafeïen bevat. Ten spyte van die Turkse tradisie wys navorsing dat kafeïen die are vernou en die metabolisme opjaag. Jy gaan dus in die eerste plek warmer raak. En omdat jou are vernou, gaan jy nie die ekstra hitte verwerk deur bloedafkoeling nie. Drink liewer water in enige vorm: uit die yskas, gesuiwer, gebottel, uit die kraan as jy gelukkig genoeg is om skoon munisipale water te kan tap, gegeur met mentblare of suurlemoensap. Talle gegeurde water bevat ook suiker. Kyk mooi as jy koop hoeveel kilojoules daarin is. Hoe hoër die aantal kJ, hoe warmer gaan dit jou maak!

Wenk: Lugreëling dor ‘n mens ook uit. Jy drink genoeg vloeistof as jou urien liggeel is.

Drink die dunnetjies

Vette is nes suiker ’n kitsbrandstof. As jy wil afkoel, kies die laekilojoule-opsies soos skinny lattés, frappés of enigiets met ys in pleks van melk of sap, of melk pleks van room. Kies ook liewer ongeroosterde broodjies en ciabattas bo enige iets wat in olie gerooster is. Slaai met kruie en sout gaan koeler wees as slaai met baie slaaisous of balsemiek. En dan gaan ’n malvalekker koeler wees as sjokolade, as ’n soetlus jou op ’n warm dag oorval.

Lees ook: Die M-woord: ‘n Vol lewe ná menopouse? Dis moontlik.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

6 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

10 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

13 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.