kategorieë: DieetGesondheid

Hoe goed ken jy jou vitamiene?

Hoe goed ken jy jou vitamiene? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe goed ken jy jou vitamiene?

Kyk net hier wat vitamiene alles vir jou kan doen! Onthou, voordat jy enige aanvullings neem, moet jy eers met jou dokter gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vitamien A

Jy kry vitamien A veral in eiers, botter, patats, botterskorsies, spinasie en wortels. Dit keer veral infeksies en hou jou oë gesond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Biotien

Jy kry biotien veral in eiers, lewer, suurdeeggebak, salm en avokado’s. Dit help veral jou glukose-metabolisme goed funksioneer

Foliensuur

Jy kry foliensuur in spinasie, aspersies en lensies. Die meeste van ons eet heeltemal te min hiervan en het dus ’n folaattekort. Folaat hou jou brein en senuweestelsel gesond.

Niasien

Jy kry niasien in veral hoender, tuna (geblik en vars), salm, kalkoen en bief. Dit hou jou hart gesond deur jou cholesterolprofiel te verbeter.

Tiamien

Jy kry tiamien veral in lensies, ertjies, bruinrys, koringkiem, spanspek, lemoene, melk en varkvleis. Dit help jou liggaam om proteïen beter te gebruik.

Vitamien B12

Jy kry vitamien B12 veral in mossels, makriel en biefstuk. Dit help outo-immuunsiektes voorkom, help veral tydens PMS en die menopouse en hou jou brein gesond.

Vitamien C

Jy kry vitamien C veral in lemoene, aarbeie, rooi soetrissies en tamaties. Dit bou jou immuunstelsel en werk veral plooie teë – vroue se beste vitamienvriendin

Vitamien D

Jy kry vitamien D veral in eiers, sardiens, makriel en volroommelk. Dit help jou om kalsium op te neem en is nodig vir ’n gesonde skelet en spiere. Dit word ook die sonskynvitamien genoem.

Vitamien E

Jy kry vitamien E veral in plantolies, alle soorte sade en selfs in patats. Dit is ’n kragtige anti-oksidant wat jou immuunstelsel versterk, jou teen kanker beskerm en jou oë gesond hou.

Vitamien K

Jy kry vitamien K veral in spinasie, broccoli en bronkors. Dit help jou bloed stol.

Loer hier vir nog interessante feite

Hooffoto: Trang Doan vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.