kategorieë: VerhoudingsGesondheid

Hoe om beter oor seks te praat

Catriona Boffard, Durex-seksoloog van Johannesburg, sê ’n bietjie strategie breek die ys. Maak so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dink vooraf
Wat wil jy regtig hê? Meer? Romanse? Ander soorte voorspel? Variasies? Fantasie? Seksspeelgoed?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies jou tyd
Sê (of WhatsApp, as die eerste woorde swaar kom) vir jou maat jy wil met hom gesels oor seks. Kies ’n net-julle-twee tydjie sonder kinders, TV of selfone. Skink ’n koppie koffie of ’n glasie wyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin by die goeie tye
Gesels oor tye wat vir julle altwee heerlik romanties en sexy was, sodat jou maat weet jy heg waarde aan jul verhouding.

Wees eerlik maar sensitief
Jul gesprek moenie gaan oor blaam, oordeel, kritiek of tekortkominge nie. Moet hom nooit, ooit met iemand anders vergelyk nie. Dit werk baie beter as jy bloot fokus op wat jy wil hê en waarvan jy minder wil hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy nie hou van wat jy hoor nie
Moenie dit veroordeel of afmaak nie. Luister met respek, bied alternatiewe aan waarvan jy wel hou, tot julle tot ’n vergelyk kom.

Geselsetiket geld
Gee al jou aandag. Kyk in sy oë. Luister regtig. Gee mekaar kans om te praat, sonder om mekaar in die rede te val. As jy iets nie verstaan nie vra dat hy meer verduidelik.

Lees ook: Verhoudings: swaai uit vir die slaggate

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.