kategorieë: WenkeMode

Hoe om jou handsak en inkopiesakke skoon te maak na gebruik

Hoe om jou handsak en inkopiesakke skoon te maak na gebruik deur Susra Matthee. Hooffoto: Irene Kredenets vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Algemene wenke hoe om jou handsak skoon te maak

Haal al die inhoud uit jou handsak uit.

Sorteer en gooi strokies en papiere weg, sit die noodsaaklikste items, soos jou beursie en sleutels, eenkant en bêre die res in jou kas. Jy wil so min as moontlik items in jou handsak hê wat besmet kan word tydens jou winkeluitstappies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dop die voering van jou handsak uit na bo, indien moontlik, en vee af met ‘n klam spons gedoop in warm seepwater. As die voering of binnekant van jou handsak van leer is, maak seker dat jy dit nie te nat laat word nie.

As jou onderlaag in jou handsak uitgeloop het, moet jy so veel as moontlik afvee met ‘n kombuis-papierhanddoeke voordat jy dit verder skoonmaak. Moenie dit met water natmaak nie, jy sal dit vererger. Gebruik eerder klam wegdoenbare handdoekies om die onderlaag wat oorbly, versigtig af te vee.

Wanneer dit by lipstiffievlekke kom: Indien jou handsak met katoen uitgevoer is, sal klein lipstiffievlekke dikwels uitkom wanneer jy dit met ‘n bietjie vloeibare skoonmaakmiddel vryf.

Jy kan laastens die hele handsak met ’n klam lap afvee indien nodig.

Hou in gedagte: Die voering moet so vinnig as moontlik droog word, sodat dit nie muwwerig raak nie. Lê dit iewers plat neer met die voering nog uitgedop. Of nog vinniger, blaas droog met ’n haardroër.

Nadat jy by die winkel was

Sit jou handsak eenkant op ’n tafel (verkieslik in jou garage) en pak alles uit.

Gooi, soos reeds genoem, al jou strokies weg.

Gebruik ’n ontsmettingslappie of warm seepwater en ’n spons om jou sleutels en beursie en alles anders af te vee.

Maak seker dat jy ook jou bankkaart afvee indien jy dit gebruik het. Was sommer jou hande ook tydens die proses.

Soos jy die items klaar skoongemaak het, kan jy dit aan die “skoon” kant van die tafel sit.

Dop weer die voering uit en vee af met warm seepwater en spons. Gelukkig gaan jy nie gou weer winkel toe nie, so daar is tyd vir jou handsak om droog te raak.

Lees ook: Gebruik nou al jou gesigmaskers op – ons wys jou wat om te doen

Hoe om herbruikbare winkelsakke te was

Katoensakke

Die meeste herbruikbare inkopiesakke van katoen kan masjiengewas word, kyk net na die versorgingsetiket om seker te maak. Gebruik die warmwaterstelling van die masjien.

As jy kan, gooi die sakke in die droër. Let wel: dit kan sommige katoensakke effens laat krimp. Die ander alternatief isom die sak op te hang in ’n omgewing met goeie ventilasie.

Moenie die sakke wegpak voordat dit nie heeltemal droog is nie.

Nylonsakke

Was die sak in warm seepwater en sorg dat jy al die hoeke en voue skoonmaak. Jy kan dit ook in die masjien was op ’n kort, sagte siklus.

Droog die sak in ’n omgewing met behoorlike ventilasie om seker te maak dat dit nie ’n muwwe reuk kry nie.

Moenie die sakke in jou kattebak van jou motor stoor nie. Die donkerte kan die groei van bakterieë aanmoedig.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.