kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Verwerk deur Catherine Schenck. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom moet ek my hond se ore skoonmaak?

Of hulle nou lank en sag hang of regop staan, honde-ore is baie anders as hul menslike vriende s’n. Honde het diep oorkanale – tussen 5 tot 10 cm diep – en maak ’n reghoekige of L-vormige draai. Dit maak dit maklik vir vuilgoed om by die ore in te kom, maar byna onmoontlik om dit hond-alleen uit te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Hond se oorkanaal is ook warm, klam en donker; dus die ideale broeiplek vir bakterieë. Dit beteken dat vuilgoed in jou hond se ore infeksie kan veroorsaak en woef kan homself seermaak in die proses om die irritasie te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe gereeld moet ek my hond se ore skoonmaak?

Die beste manier om uit te vind of jy jou hond se ore moet skoonmaak, is deur daaraan te ruik.

Gesonde honde-ore het nie veel van ’n reuk buiten die gewonde hondereuk nie. Vuil honde-ore, aan die ander kant, ruik enigiets tussen redelik gisserig tot duidelik stinkerig. Hierdie onwelriekende geure is ’n teken dat dit tyd is om jou hond se ore skoon te maak.

Wanneer jy jou hond se ore inspekteer, moet dit skoon en pienk wees met ’n ligte waslagie. Die was moet ’n bleek gelerige kleur wees. As jou hond se ore rooi is, of as daar ’n lagie swart of bruin wasserige afskeiding is, is dit tyd om die seep te gryp.

Jy moet egter versigtig wees, daar is iets soos te veel skoonmaak. As jy jou hond se ore te veel skoonmaak, ontneem jy sy ore van hul natuurlike waslagie, wat ook probleme kan veroorsaak.

Maak dit ’n lekker ervaring

Honde hou nie baie daarvan as iemand in hulle ore krap nie, tensy hulle as babahondjie anders geleer is. Oefen om jou hond se ore vas te hou en te hanteer voordat jy beplan om dit skoon te maak sodat hy gewoond kan raak daaraan. Dit is goed om iemand se hulp in te roep om hom snoepgoed te voer en bykomende gemak en aandag te verskaf terwyl jy op die skoonmaak fokus. Dit is ook belangrik om jou hond gewoond te maak sodat oorskoonmaak ’n positiewe ervaring word. As jou hond gespanne of onsteld lyk, wag ’n paar minute of selfs ’n paar uur voordat jy weer probeer.

Kry die regte middels

Moet nooit katoen-oorstokkies gebruik nie aangesien dit jou hond se ore kan beskadig. Hou eerder ’n sakkie watte naby jou, of draai gaas om jou vinger en gebruik dit. Jy kan handskoene gebruik, maar jy kan ook net jou hande mooi skoon was voordat jy jou hond by die ore pak. Die belangrikste element is egter die oorspoelmiddel. Kyk uit vir iets wat heeltemal veilig is vir jou hond, maar wat steeds die werk sal kan doen: soek vir ’n produk wat geen antibiotika, steroïedes, alkohol of toksiese middels bevat nie.

Stap-vir-stap

As jou hond rooi, jeukerige, ontsteekte en seer ore het, spreek eers jou veearts voordat jy sy ore skoonmaak. Dit is moontlik dat jou hond ’n oorinfeksie het en dit sal nie baie behulpsaam wees om dit te probeer skoonmaak nie. Inteendeel, dit kan sy oordromme beskadig en sekere wasmiddels kan die ore verder beskadig, so wees baie versigtig.

Om jou hond se ore skoon te maak kan ook ’n morsige proses wees, so doen dit op ’n plek in jou huis wat maklik is om skoon te maak. Trek oom maar jou ontwerperspakkie uit voor jy dit doen!

Met ’n bietjie geduld en oefening kan dit selfs ’n lekker ervaring vir jou hond word. Om te leer hoe om jou hond se ore behoorlik skoon te maak, sal help dat jou hond gesond en gelukkig bly, wat jou baie spanningsvolle (en duur!) uitstappies na die veearts toe sal spaar.

Inligting verskaf deur Montego Pet Nutrition

Lees ook: Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.