Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien deur Anys Rossouw. Hooffoto: iStock/stockfour

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Besoek sacoronavirus.co.za om op hoogte te bly met die Covid-19-situasie in Suid-Afrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik die tyd van inperking positief as ʼn tyd vir heling en ontwikkeling

Covid-19 veroorsaak wêreldwyd vir mense en gemeenskappe ʼn krisis.  Die wêreld is op geen manier hiervoor voorbereid nie. Dit dompel die wêreld in ʼn resessie en min mense word gespaar van die vernietigende finansiële impak daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om nie eers te praat van die lewensverliese, die mediese impak van die siekte, die emosionele impak van kommer, angs, hartseer en onsekerheid oor die toekoms nie.

Om ons sien en hoor ons reeds meer as genoeg neerdrukkende feite en verhale van mense se swaarkry en hartseer.

Lees ook: Covid-19 en die winkels – hoe om veilig inkopies te doen

Die verskil tussen die simptome van Covid-19, griep en verkoue

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

Hoe om ’n krisistyd te hanteer

Om die verspreiding van die virus verder te beperk, is Suid-Afrikaners vir 21 dae ingeperk tot hul huise.  Vir almal is dit ʼn onbekende, onsekere en stresvolle tyd, wat ander eise en uitdagings stel en aanpassings vra.

Ironies genoeg kan juis die Chinese woord vir krisis ons tog leiding in die hantering hiervan, gee. Die Chinese woord krisis bestaan uit twee tekens, waarvan die een gevaar en die ander een geleentheid, beteken.

Hoe mense oor die krisis dink en dit hanteer, gaan bepaal watter effek dit op hulself, die mense om hulle, hul werk en toekoms gaan hê.  Dat mense egter bekommerd is, angstig en depressief voel en raak, is menslik en ʼn natuurlike reaksie op buitengewone gebeure, onsekerhede of verlieservaringe.

Krisisse en moeilike tye verander altyd mense, hul verhoudinge en toekoms óf ten goede óf ten kwade. Dis belangrik om dit aan te pak as ʼn geleentheid om die beste in jou na vore te bring,  om weer vanselfsprekende dinge te waardeer en as ʼn geleentheid te sien om na die krisis tog sekere dinge beter of makliker te kan doen.

Die geskiedenis het ons geleer dat na elke geweldige krisis vir die mens of natuur daar ʼn nuwe tyd van opbou, herstel en dikwels versnelde of anderse groei voorlê. Die mooi en karaktervolle bome het dikwels swaar gekry, in hul moeisame verskrompelde kronkels en boë lê hul sterkte én prag.

Lees ook: Kruispaaie: Hoe jy krisistye kan oorleef

Ons beleef op ʼn manier ʼn woestyn-ervaring, ʼn gestrooptheid van die bekende manier van doen, dink en wees. Hierin kan dit vir ons ook soos vir soveel profete en leiersfigure juis  ʼn  tyd van visie, heling en stilte word … ʼn tyd waarin jy tot inkeer in jouself kan kom. ʼn Tyd om te begin om in ʼn ander rat te lewe.  Stadiger, rustiger, want ons is nie meer laat vir iets of jaag iewers heen nie. Dis ons geleentheid vir meer tyd vir mekaar, vir dink, wonder, besin, lees … om dié dinge te doen, waarby ons nét nóóit uitkom nie. Dit kan ook ʼn kreatiewe tyd vir ontdek wees: jou eie innerlike sterkte, aanpassingsvermoë en kreatiwiteit om nuwe dinge te skep of te leer.

Inperking gaan oor grense, en die beperkinge op sekere vryhede met die groter doel om mense en die wêreld te beskerm. Die staat en instansies stel grense om die land en gemeenskappe se welstand te verseker. Mense stel ook persoonlike grense waarbinne hul outonoom en gesond kan wees. Die staat stel grense deur reëls, regulasies en wette. Die ideaal is egter dat die grense mense en samelewings se morele waardes vergestalt, want dan internaliseer en identifiseer mense makliker daarmee.  As mense dit egter net sien as reëls wat ander op my afdwing, is hul geneig om altyd ʼn skuiwergat  te soek om dit te omseil.   ʼn Goeie maatstaf vir almal vir morele optrede ook in hierdie situasie, is:  Wat is die regte intrinsieke goeie en welwillende ding om te doen, wat vir my, maar ook vir ander en die omgewing en planeet goed sal wees? Dan raak die inperking nie net ʼn beperking nie, maar ʼn reëling vir almal om gesond en vry te bly.

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

Ses dinge wat jy nou moet doen

Die inperking verg ’n nuwe manier van wees, van leef en dink. Dit gee ons geleenthede om te groei, maar dit vra ʼn paar dinge van elkeen van ons:

  • Neem verantwoordelikheid, vir jou en jou mense se fisieke, finansiële maar veral ook hul emosionele en spirituele welstand. Maak seker dat jou optrede jouself en ander dien in terme van al die aspekte.  Mense het nodig om op al die vlakke versorg te wees, te oorleef en te gedy.
  • Dink verder as die nou en jou eie belang. Dink in terme van onmiddellike behoeftes en noodsaaklikhede maar ook aan die toekoms en volhoubare dinge vir jouself, jou gesin, besigheid, maar ook aan ander, die groter gemeenskap en planeet. Hoeveel toiletpapier het ek regtig nou nodig? Bly ook nou weg van dinge wat na die krisis nie meer toepaslik of volhoubaar sal wees nie.
  • Groei of gaan onder. Wees pro-aktief en doen nou dinge om jou besigheid of beroep beter te maak na die inperkingstyd. Vermy ʼn kom-ons-kyk-maar-hoe-werk-dit-uit- strategie.
  • Fokus op wat nou binne jou beheer is. Wat jy nóu kan doen om dinge so sinvol moontlik te maak, maar wat ook vir die toekoms sin kan hê.
  • Hou kontak met jou kliënte en mense en gebruik die tyd om verhoudinge met hulle te versterk en te bou via elektroniese en telekommunikasiemedia tot jou beskikking. Help hulle om kalm en rustig te bly, gee inligting, versekering waar jy kan; maak dinge vir hul makliker om in die tyd hul uitdagings te kan hanteer.
  • Maak seker dat jy ʼn positiewe ingesteldheid het. In moeilike tye is dit wat die verskil maak, wat jou anders laat dink, optree en die mense om jou positief maak en hou.

Lees ook: Luister nou na ons nuwe mini-reeks vir die inperkingstyd – Hoe gaan dit met jou? Ons gesels eerste met Erns Grundling om te hoor hoe hy die inperking hanteer.

Het jy geweet? Jy kan 70% afslag op ’n digitale kopie van ons April-uitgawe kry!

5 slaggate wat jy tydens inperking moet vermy

Slaggate om in die tyd van inperking te vermy om te keer dat jy emosioneel en fisies ook nog daaronder gaan ly. Vermy die depressiewe leefstyldinge, soos

  • om ure net niks konstruktief te doen nie soos om net te lê of televisie te kyk. Dit maak mens depressief en laat mens boonop sleg oor jouself voel, as jy niks kan wys wat jy gedoen het nie.
  • jou van mense te onttrek en net in jou kamer te bly, of niks van jou te laat hoor nie.
  • om te ontvlug in verslawende vermydingsaktiwiteite soos ongesonde verhoogde drankgebruik en rook (as jy daartoe toegang het), aanlynspeletjies, die kyk van eindelose hoeveelhede reekse, of sosiale media wat nie enige bydrae tot jou of ander se ontwikkeling lewer nie.
  • om toe te laat dat jou dae en gemoed deur die negatiewe en vernietigende inligting rakende die virus verswelg raak deur ure deur te bring om dit te volg, of net daaroor te praat en te dink.
  • om nie meer aandag aan jou persoonlike versorging te gee nie; nie gereeld hare te was, te skeer, bad of netjies aan te trek nie; of om tot watter tyd of heeldag in jou pajamas te bly.

Lees ook: 10 dinge wat jy in jou klerekas moet uitsorteer tydens die inperking

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

5 dinge om te doen om emosioneel en fisies gesond te bly

Hou so ver moontlik jou gewone goeie positiewe roetines in stand en doen die basiese dinge steeds reg.

  • Slaap: Depressiewe mense slaap sleg en óf te min óf te veel. Maak seker jy slaap goed, genoeg en op normale tye.
  • Eet: Eet gesond en genoeg. Weerhou jou daarvan om te veel te peusel.
  • Oefen: Wees kreatief en bedink nuwe en ander maniere om in jou huis of erf te oefen. Jy kan selfs met nuwe tipes oefening begin. Op YouTube is talle oefenprogramme hetsy dit fiksheidsprogramme soos Kayla of Yoga, Pilates of vir kinders ballet of gimnastiekklasse is. Ook oulike oefenaktiwiteite wat ouers en kinders saam kan doen. Of klim trappies of draf in jou agterplaas terwyl jy met oorfone na musiek luister. Daar is talle inspirerende stories van mense wat selfs ʼn marathon of meer op hul erf gedoen het.
  • Wees netjies op jouself en jou omgewing. Versorg jou keurig, gebruik reukwater. Dit laat ’n mens goed voel.
  • Doen lekker dinge en sorg vir die verhoudinge in jou lewe tuis om sodoende die goeie hormone in jou liggaam en gees te laat vloei. Doen lekker dinge saam, speel speletjies, kaart, bou legkaarte, hou vasvrae … maar doen dinge sáám. Maak afsprake met mekaar en fliek saam met springmielies, luister saam musiek, maak saam kos, braai of maak vuur en sit net en gesels. Sáámdoendinge keer die gevoel van isolasie.

Lees ook: Die beste wenke om jou huis en lewe te ontklotter

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

Hou jouself só emosioneel gesond in die anderse uitdagende tyd deur dinge kreatief anders te doen

  • Bly tuis en bly gesond!
  • Kommunikeer via die internet of fone met jou vriende en familie elders: Bel, whatsapp, skryf briewe, laai Skype of Zoom gratis van die internet af waarmee julle mekaar kan sien. Maak ʼn afspraak. Trek jou mooi aan en kuier en drink saam koffie of  ʼn glas wyn.
  • Wees dankbaar vir wat jy steeds in die omstandighede het. Skryf dit daagliks neer, en sê dit vir jou huismense of vir ander:  Ek is dankbaar vir die ruimte en gemak van my woning, water, elektrisiteit, my tuin, troeteldier … vir mense wat vir my omgee, my toegang tot mediese sorg indien ek siek sou word, vir kos en toiletpapier …
  • Maak ʼn lys van dinge wat jy wil en kan doen. En merk af wat jy al gedoen het. Dit gee mens ʼn gevoel van genoegdoening dat jy iets bereik en vermag.
  • Gebruik jou sin vir humor Daar is genoeg snaakse grappe en video’s in omgang.
  • Maak met kreatiwiteit jou omgewing interessant en anders. Skuif jou huis of kamer, dinge teen jou mure; Sit een van jou banke op die stoep, sit kerse of ander liggies op in jou tuin, skep vir jou ʼn nuwe, ander ruimte waarna jy kan ‘uitgaan’.
  • Gaan vir Paasnaweek ‘weg’: kamp in jou tuin of reis op die internet, beplan toekomstige reise of herleef ou reise deur jou foto’s.
  • Doen ontspanningsaktiwiteite: asemhalingsoefeninge, bad langer, luister musiek, luister podsendings, lees…
  • Dis ʼn goeie tyd vir minder maak, (declutter) weggooi, organiseer … uitkom by daardie dinge wat jy al so lank wou doen:  kaste of die garage regpak, foto’s of ander dinge organiseer, ou agtergeblewe eposse beantwoord, die tuin regruk … noem maar op.
  • Dis ook ʼn tyd om voor te kom. Doen dinge wat jou lewe na die tyd van inperking makliker gaan maak. Doen navorsing, ontwikkel strategieë of strukture, organiseer dinge dodat dit meer vaartbelyn raak, maak voorbereidings vir jou werk, kaartjies of geskenke vir komende verjaarsdae.
  • Dis ʼn goeie tyd vir kreatiwiteit: Skryf, bou, doen naaldwerk, brei, teken, verf, toets nuwe resepte uit … leer via die internet kitaar of ʼn instrument speel. Vir al hierdie dinge is daar soveel idees en leiding op die internet.
  • Maak seker jy kom buite in die son. Maak tuin. Plant, snoei. Daar is heling in groei.
  • Leef bewustelik in die oomblik en raak bewus van die dinge om jou: sien die klein dingetjies in jou tuin raak, hoor die voëltjies, want jy hoor nie meer motors nie. Maak ʼn lys van voëltjies of insekte in jou tuin.

Lees ook: Kweek hierdie kruie in jou tuin

Pak die uitdaging aan en maak hierdie ʼn tyd van anders dink en wees. ʼn Goeie groei en saam-ervaring waarna jy en die mense om jou nog met heimwee gaan verlang.

Lees ook: 5 dinge wat jy kan doen om jou beroep tydens die inperking te bevorder

Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien

Anys Rossouw is ʼn opvoedkundige sielkundige in Menlopark Pretoria.  Sy kan gekontak word by 012-460 7366 of by anys@anys.co.za vir afsprake.  Zoom of Skype konsultasies is moontlik.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.