kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Herwin tuis

Herwin tuis deur Elandre Swart en Cornel Dunn. Hooffoto: KatarzynaBialasiewicz / istock photos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat en hoe om te herwin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blikkies

Aluminiumblikkies kan oor en oor herwin word en 95% minder krag word gebruik tydens herwinning teenoor ‘n nuwe een te maak. ‘n Aluminiumblikkies kan geonderskei word deur hulle gewig, hulle is ligter en meer duursaam en daar sal ‘n  “Alu” simbool onder die blikkie wees. As jy nog steeds onseker is kan jy ‘n magneet teen die blikkie hou, algemene staal- blikkies is magneties, maar nie aluminium nie.

Metaal word gevind in produkte soos geblikte kos, koeldrank- en drankblikkies, verfhouers, deodoranthouers en selfs foelie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke om te onthou vir die herwinning is om aluminiumblikkies apart te hou van die ander metale,  jou blikkies hoef nie gewas te wees nie, maar dit help om dit te spoel en jy sal meer betaal word as die blikkies nie geroes is nie.

Wie kan jy kontak:

Collect-a-can betaal per kilogram vir blikkies. Daar is sowat 71 (340ml) blikkies in een kilogram aluminium en net 37 blikkies in een kilogram staal, daarom is aluminium meer werd.

Collect-a-can:

Tel: 011 466 2939

Epos: info@collectacan.co.za

Webblad: collectacan.co.za

Glas

Dit neem baie minerale, krag en water om glas te maak, maar gelukkig kan glas oor en oor herwin word sonder om suiwerheid en kwaliteit in te boet. Glasbottels word meestal herwin om ander glasbottels te vervaardig, maar deesdae kan dit in ʼn verskeidenheid van produkte soos selfs teëls omskep word.

Glasprodukte soos wynbottels, koeldrankbottels, kosflesse en glasbottels waarin souse was asook glase kan herwin word.

Wenke om te onthou is dat enige glas kan herwin word selfs al is dit gebreek. As jy nie tyd het om jou glashouers te herwin nie kan jy dit altyd aanwend vir die stoor van produkte in en om jou huis.

Wie kan jy kontak:

The Glass Recycling Company het regoor Suid-Afrika glasherwinningshouers geplaas sodat gemeenskappe glas kan herwin. As jou omgewing nie ʼn glasherwinningshouer het nie, kan een aangevra word.

The Glass Recycling company

Tel: 0861 2 GLASS (45277)

Epos: info@theglassrecyclingcompany.co.za

Webblad: theglassrecyclingcompany.co.za

Papier en Karton

Koerante:

Koerante moet in hulle eie drom gestoor word omdat dit direk teruggaan in die gebruik van nuwe koerante.

Ander papiere:

Tydskrifte, advertensie-insetsels in koerante, telefoonboeke, rekenaarpapier, koeverte en papierverpakking kan alles in een drom gestoor word, maar die krammetjies moet verwyder word.

Karton:

Karton moet plat gevou word en kan ongelukkig nie in dieselfde drom herwin word as papier nie.

Die meeste skole, kerke en gemeenskapsentrums het papierhouers waar jy jou papiere kan gaan aflaai vir herwinning.

Wenke om te onthou is dat jou papiere netjies en droog moet wees vir herwinning.

Wie kan jy kontak:

Paper Recycling Association of South Africa

Tel: 27 (0)11 803 5063

Webblad: prase.co.za

Nampak:

Tel: 0800 018 818

Epos: recycling@za.nampak.com

Webblad: nampak.com

Mpact:

Tel: 0800 022 112

Webblad: mpactrecycling.co.za

Plastiek

Plastiek breek nie af in ʼn stortingsterrein nie. Dit is ‘n groot besoedelaar van die omgewing en beland in riviere en uiteindelik die see, waar dit groot skade aanrig. Tog is dit ook een van die produkte met die grootste verskeidenheid opsies vir herwinning.

LDPE (low-decity polyethylene) Hierdie plastiek word gebruik vir sterk enkelgebruik sakke en plastiek inkopiesakke.

HDPE ( High-density polyethylene): Vodselstoorhouers, voedselverpakkingsmateriaal, vloeibareseep-houers ens.

PP (Polypropylene) Voedselverpakking soos jogurt- en botterbakkies.

Polistireen (PS) is een van die gewildste vorms van plastiek. Dit word die meeste gesien in wegneem-koffiehouers en wegneem-koshouers. Polistireen is 95% ligter as ander materiaal en maak ʼn fantastiese isolator uit.

ʼn Polistireenproduk kan meestal eintlik net eenkeer gebruik word, want vir gesondheidsredes kan dit nie weer omskep word in ʼn wegneemhouer nie. Daarom is dit eintlik vroeër as onherwinbaar beskou en is dit baie moeilik om te herwin. Tog het Green Lite Concrete  verlede jaar 2036 ton polistireen in liggewig konkreet omgeskep en alhoemeer nuwe innovasies word elke jaar bygevoeg.

Wie kan jy kontak:

Pikitup is ‘n inisiatief wat in Johannesburg begin is waar herwinnigsdromme en -sakke saam met jou vullisdrom uitgesit word. Om seker te maak dat mense herwin kan jy ʼn boete op die  lyf loop as jy nie saam begin herwin nie.

Pikitup:

Tel: 011 7125259
website: pikitup.co.za

South African Plastics Recycling Organisation:

Tel: 083 654 8967

Webblad: sapro.biz

Plastics|SA

Tel: (0)11 31 4021

Epos: enquiries@plasticsSA.co.za

Webblad: plasticsinfo.co.za

Polyco:

Tel: 021 531 0647

Webblad: polyco.co.za

Voedselafval

Ons almal probeer om nie kos te mors nie, maar sommige voedselafval is onvermydelik. Eierdoppe, piesangskille en teesakkies gaan nooit op die spyskaart wees nie. Tuiskompostering is ‘n goeie manier om afval te hou en te gebruik vir ons tuine.

Voedselafval wat gebruik kan word vir kompos is groente- en vrugteskille, teesakkies en koffiebone. ‘n Bokasjihouer kan aangeskaf word vir al jou voedselafval om te fermenteer, wat dan later oor jou komposhoop gegooi kan word. Kwekerye hou ook spesiale wurmkomposteringshouers aan en kan jou help om wurms in die hande te kry, en sogenaamde “wurmtee’’ is ’n baie goeie voedingstof vir plante.

Die stad Kaapstad het begin met ‘n innoverende tuiskomposteringsprogram waar jy verniet ‘n komposdrom kan ontvang om inwoners aan te moedig om te begin komposteer.  Die stad het reeds al meer as 11 000 gratis tuis-komposhouers voorsien. ‘n Maksimum van 150 gratis komposhouers kan per dag uitgereik word. Om uit te vind of jy kwalifiseer vir ‘n houer klik hier.

Lees ook: Laat jou vullis blom

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.