Alles wat jy moet weet oor vas en insulienweerstandigheid

Alles wat jy moet weet oor vas en insulienweerstandigheid deur Salomé Delport. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 11 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vierde week, Woensdag

Is ‘n vas beter vir jou insulienweerstandigheid as die gebalanseerde koolhidraatdieet?

Daar is baie wat die wetenskap nog nie oor eetlus en insulien verstaan nie. Die verduideliking wat hier volg is geensins bedoel om volledig te wees nie. Dit gee net ‘n bietjie van ‘n idee hoe dit moontlik werk, baie eenvoudig gestel:

Die kos wat jy eet word omgesit in glukose. Soos jy weet gebruik jou liggaam glukose as sy energiebron. Maar die glukose in jou bloed moet binne-in jou selle inkom voordat jou selle dit kan gebruik – bietjie soos die petrol binne in jou motor moet kom voor jou motorenjin dit kan gebruik. Dit is juis insulien se rol: dit “stoot” die glukose in jou selle in.

Jou insulienvlakke styg en val normaalweg so:

  • Jy eet en breek jou kos af na glukose
  • Meer glukose stimuleer jou insulienvlak om te styg, wat die glukose in die selle in “help”, vir brandstof.
  • Soos die glukose sak, sak jou insulienvlak ook.
  • Wat van jou eetlus as jou insulienvlak baie laag daal? Hierdie vraag is nog nie heeltemal beantwoord nie maar as jou insulien en/of glukose baie laag sak, word jou eetlus geprikkel. Dus eet jy weer, styg jou glukosevlak en word jou insulienvlak ook geprikkel. So bly die siklus van eetlus en energieverkyging herhaal.
  • Die gebalanseerde koolhidraatdieet maak staat op die beginsel dat jy heeltyd jou bloedglukosevlak egalig hou, sodat jou insulienvlak nie vinnig styg en sak nie. So werk alles goed saam: jou eetlus bly onder beheer; jou bloedsuikervlak bly konstant; jou insulien kan glukose vir energie in jou selle inwerk; en jy voel heeldag propvol energie.

As jy egter heeltyd te veel eet, verander jou insulienvlakke so:

  • Jy eet en breek jou kos af na glukose.
  • Jou insulienvlakke styg en help die glukose in jou selle in, net soos gewoonlik.
  • Jy bly eet, en jou glukosevlakke sak nie.
  • Daarom bly jou insulienvlakke hoog.
  • Jou selle het oorgenoeg energie en wil niks meer glukose aanvaar nie. Dus begin jou selle hulle “doof” hou vir insulien. Jy raak al minder sensitief vir insulien, en raak uiteindelik insulienweerstandig.
  • Jy het nou hoër vlakke van glukose (suiker) en hoër vlakke van insulien in jou bloed as wat normaal is. Dit is nog nie hoog genoeg dat jy as diabeties kwalifiseer nie, maar jy is op pad daarheen. Dit word prediabetes genoem – en gelukkig is dit nog omkeerbaar.
  • Later, wanneer jou selle wel energie soek, is hulle ongelukkig taamlik onsensitief vir insulien, en sukkel hulle om glukose op te neem – en het jy tipe 2 diabetes.
  • Jy kan nou voortdurend honger voel, omdat jou selle na die bloedglukose (energie) smag wat hulle nie nou meer goed kan opneem nie.

Die voordeel van die vasdieet (enige variant) is dat jou bloedglukose gereeld verlaag, sodat jou insulienvlakke ook behoorlik verlaag. Dit behoort te help dat jou selle sensitief bly vir insulien.

Maak vas jou minder honger as die koolhidraatdieet?

Ek dink persoonlik – en ek baseer dit net op my eie ervaring en interpretasie daarvan – dat die gebruiklike diëte wat op koolhidrate staat maak my insulienvlakke te maklik prikkel om te styg, en my daarom heeldag honger hou. Vir my werk ‘n 16/8 vas baie beter.

‘n Dieetkundige wat nie betrokke wil raak nie gebruik meringue van alle dinge om die “feite” soos ek dit aan my eie lyf voel in perspektief te stel:

Soos jy waarskynlik weet is daar drie tipes meringue:

  • Franse meringue, die harde, gebakte meringue soos wat ons dit ken;
  • Italiaanse meringue waar jy ‘n suikerstroop kook en dan bietjie vir bietjie byklits by styfgeklopte eierwitte; en
  • Switserse meringue, waar jy die ongeklitste eierwitte en suiker dadelik saamgooi en warm maak oor ‘n bain marie en dan styf klits.

Switserse en Italiaanse meringue lyk soos ‘n dik, marshmallow-agtige versiersuiker. Die Italiaanse een is dikker en digter; en die Switserse een is gladder en blinker.  Hierdie twee soorte meringues kan net so as basis gebruik word vir versiering of vulsels van koeke en so aan.

Die punt wat sy wil maak is dat aldrie resepte presies dieselfde bestanddele gebruik: eierwitte en suiker. Die verskillende metodes gee jou egter verskillende eindprodukte.

Net so met die ‘bestanddele’ van jou dieet. Al eet jy op die ou end presies dieselfde kos terwyl jy 18/6 vas as wat jy sou eet op die gewone gesonde koolhidraatdieet, gaan die twee elkeen op sy eie manier jou bloedsuiker beïnvloed.

‘n Vas gaan jou bloedsuiker heeltemal verlaag, wat jou selle meer sensitief vir insulien maak – ‘n goeie ding, aangesien jou selle “doof” raak vir insulien as jou bloedsuikervlakke altyd hoog bly. Die gewone koolhidraat-gebaseerde dieet hou egter jaar in jaar uit jou insulienvlakke taamlik konstant, sodat jy nie jou insuliensensitiwiteit verloor nie.

Altwee eetpatrone kan jou sensitiwiteit vir bloedsuiker in stand hou.

Maar, sê sy, daar is nie groot bevolkingsondersoeke wat bewys dat die vasdieet jou insuliensensitiwieit verbeter nie, en daarom kan sy nie aanbeveel dat ons almal vas nie. Daar is wel goeie ondersoeke wat wys dat jou insulienvlakke konstant bly as jy drie tot vyf keer per dag onverfynde koolhidrate (soos veselryke ontbytpap, growwe brood en groente) eet.

Verder glo sy nie dat jy juis gaan gewig verloor as jy op jou nie-vasdae ooreet nie. “Mense verloor gewig as hulle minder kilojoules inneem en/of meer aktief is.”

Oor na jou

Ek wonder wat jy ervaar? Raak jy honger en moeg as jy vas? Hoe affekteer die vasdieet jou bloedsuiker?

Groete! Salomé

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

4 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.