kategorieë: Skoonheid

Hoe om vals wimpers aan te wend

Dit het jy nodig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

• ’n Handspieëltjie soos die Tweezerman handheld 10x Magnification mirror

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• ’n Haartangetjie soos Tweezerman se mini slant Tweezer

• Eylure Medium Individual Lashes, die wimpergom is ingesluit. Daar is 3 verskillende lengtes: kort, medium en lank, ek hou die meeste van die medium.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het reeds op die regteroog wimpers aangewend, kyk hoe groter laat dit my oë lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 1

Gebruik jou “tweezer” om een van die wimpers af te knyp en druk saggies die punt van die wimper in ’n bietjie van die gom

(Wenk: Gooi die gom op ’n klein stukkie foelie, dit verseker dat dit nie te vinnig droog word tussen aanwending nie). Moenie bang wees vir die gom nie, die Eyelure-stel sluit ’n buisie “lift off” in waarmee jy pynloos die wimpers kan verwyder.

Stap 2

Gebruik nou jou handspieëltjie (in jou een hand) en kyk in die spieël na wat jy doen. Maak jou ander oog toe en druk saggies die enkel wimper met wimpergom bo-op jou wimperlyn, maak seker jy plak dit bo-op jou wimpers en nie op jou vel nie.

Stap 3

Herhaal en vul totdat jou wimperlyn vol geplak is. Jy kan self besluit hoeveel wimpers jy wil aanwend, gebruik minder vir ’n natuurlike voorkoms en meer vir ’n voller voorkoms. Wag ’n rukkie totdat die gom heeltemal droog is.

Die resultaat, voller welige wimpers in ’n japtrap.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.