kategorieë: Sukses en geld

Hoe om van ’n senior kollega te verskil

“Dit is belangrik om in staat te wees om jou standpunt te stel en om te weet wanneer en hoe om dit te doen.” Helene Vermaak, direkteur by The Human Edge, kenners van kultuurverandering, gee ’n paar wenke hoe om verskille met senior kollegas te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wees realisties oor die risiko’s

Dit is normaal om  senuweeagtig te wees en om die ergste te verwag, maar in die meeste gevalle is dit onwaarskynlik dat jy afbetaal gaan word of ’n lewenslange vyand sal maak. Kyk eerder na die gevolge van as jy nie praat nie en weeg dit op teenoor die moontlike gevolge van die meningsverskil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Besluit of jy eerder moet wag

Soms is dit beter om jou gedagtes agtermekaar te kry. ’n Openbare forum of vergadering is nie altyd die ideale plek nie aangesien die senior persoon bedreig sal voel. ’n Privaatgesprek sal beter wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Identifiseer ’n gemeenskaplike doel

Jy het ’n beter kans om gehoor te word as jy die verskilpunt gelyk kan stel aan die verwagte uitkoms wat die senior persoon wil bereik. Dit is belangrik om nie te aanvaar dat hierdie verband dadelik duidelik sal wees nie. Jy sal jou stelling in konteks moet plaas.

Vra toestemming om te verskil

Deur die persoon die geleentheid te gee om in te stem tot die gesprek, sal jy meer selfvertroue hê om jou meningsverskil aan te roer. Dit laat die senior persoon ook voel hy/sy is in beheer.

Bly kalm

Dit is belangrik om kalm en in beheer te bly. Mens is geneig om harder en vinniger te praat wanneer jy senuweeagtig is. As jy met ’n gelyke stemtoon praat, sal jy jouself én die ander persoon kalmeer.

Herhaal die oorspronklike punt

Deur die standpunt van die ander persoon te herhaal, vorm jy ’n sterk fondament vir die bespreking.

Moenie oordeel nie

Wanneer jy jou mening lug, vermy enige byvoeglike naamwoorde of woorde wat veroordelend klink of verkeerd verstaan kan word of persoonlik mag klink. Hou by die feite en bly neutraal en gefokus.

Bly nederig

Beklemtoon dat dit jou mening is en nooi die ander persoon om sy of haar standpunt te gee. Wees kalm en moenie te veel selfvertroue uitstraal nie.

Erken die ander persoon se gesag

Beken dat die senior persoon uiteindelik die finale besluit sal neem, maar moenie jou eie mening minder belangrik laat klink nie. Respek is die sleutel tot die sukses van die gesprek.

Lees ook: Maak jou werk jou siek?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

19 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

22 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

23 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

24 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.