kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?

Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Kira-Yan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Besoek sacoronavirus.co.za vir goeie inligting en vir meer nuus oor COVID-19

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Covid-19: nie meer ás nie, maar wánneer

Die WGO aanvaar nou Covid-19 as ’n nuwe menslike patogeen. Dit beteken dit is nou een van die tipiese siektes waarmee elkeen van ons in die toekoms vroeër of later in kontak gaan kom – net soos griep en verkoue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na al die skrikbeelde op TV is dit begryplik dat baie mense paniekerig voel. Maar bly kalm, en vermy die lees en verspreiding van fopnuus. Onthou, alles hang daarvan af of jy moontlik blootgestel was aan Covid-19.

Die positiewe kant is dat vier uit elke vyf van ons – byna almal – net ligweg siek sal raak. Dus sal die meeste van ons Covid-19 as ’n taamlik mak verkoue ervaar, net soos enige ander verkoue. Na ’n paar dae is jy weer jou ou self.

Hopelik is jy dan ook bestand teen enige verdere infeksie met die virus.

Niemand is egter seker of ons oor die algemeen bestandheid teen Covid-19 gaan kan opbou nie. Die ander coronavirusse wat verkoue veroorsaak kan jou immers jaar op jaar tref en elke jaar verkoue gee – gelukkig byna altyd net ’n ligte verkoue. Hopelik val Covid-19 ook in by hierdie patroon.

Lees ook: Alles wat jy nou moet weet oor die Coronavirus

Ernstiger graad van Covid-19

Die kommer is egter oor daardie een uit elke vyf wat ernstiger siek sal raak. Sal hulle dit oorleef?

China het einde Februarie amptelik aan die WGO verslag gedoen. Daarin onthul China dat aan die begin, voor teenmaatreëls ingebring is, een uit elke ses mense met simptome van Covid-19 gesterf het. Met ander woorde byna almal wat ernstiger siek geraak het, het gesterf. Die sterftesyfer het eers geval na 0.7%  nadat China 50 000 beddens vir gespesialiseerde mediese sorg beskikbaar gestel het en absolute kwarantyn begin toepas het.

(Die presiese woorde is: In China, the overall CFR (crude fatality rate) was higher in the early stages of the outbreak (17.3% for cases with symptom onset from 1- 10 January) and has reduced over time to 0.7% for patients with symptom onset after 1 February.)

Lees ook: Ons ervaring in China met Covid-19: Een leser vertel

Hoe weet jy jy het COVID-19?

Feit is dat ons almal steeds gewone verkoues of griep kan kry. Elke hoesie beteken nie noodwendig jy het Covid-19 nie. Jy kan dalk maar net ’n gewone verkouetjie hê, of dalk selfs griep. Griep word deur ’n heel ander virus (die influenza-virus) veroorsaak, terwyl verkoues deur ’n hele groep ander virusse as slegs die coronavirusse (waarvan Covid-19 een is) veroorsaak word. Jy kan dus griep óf verkoue óf Covid-19 kry. ‘Lees’ jou simptome so:

Simptome van verkoue

So herken jy ’n verkoue:

’n Verkoue sentreer om jou boonste lugweë, neus en sinusse. Die algemeenste tekens is dat jy baie nies en ’n seer keel het. Jou neus loop en jou oë kan traan.

Jou neus kan toe wees, omdat jou sinusse opswel. Aanvanklik is die afskeiding uit jou neus waterig en helder. Later raak dit dikker en taaier.

Jy het egter nie juis koors nie, of dalk ’n ligte koors.

Nog ’n ding: jy hoes nie. As jy wel hoes begin dit begin tipies eers nadat jy ’n ten minste drie dae siek was.

Simptome van griep

’n Griep laat jou tipies baie sieker voel as ’n verkoue. Verder voel jy griep in jou lyf eerder as rondom jou sinusse en neus. Die simptome van griep is eerder koors en pyn as die genies wat verkoues kenmerk.

Griepsimptome lyk tipies so:

Jy is koorsig, met ’n koors rondom 38C. Kouekoors is algemeen.

Jy is tipies bitter moeg, en jou lyf en kop is seer.

Jou gewrigte en spiere is seer.

Mense met griep nies en hoes meestal nie, tensy kompikasies intree.

Simptome van Covid-19

Volgens die Chinese verslag wat aan die WGO voorgelê is kan al die simptome van lig tot erg wees. Dus, as jy koors het kan dit van lig tot hoog wees. Daarom is dit moeilik om simptome te spesifiseer. Maar let veral op as jy ’n hoë koors het, ontsettend moeg is en van die begin af hoes. Die simptome begin gemiddeld 5-6 dae na kontak met iemand met die virus.

Nege uit elke tien (87.9%) mense het duidelik ’n taamlik hoë koors van 38°C en meer. Die ander onderskeidende vroeë simptoom is ’n aanhoudende droë hoes, by twee uit elke drie (67.7%) mense. Party hoes lig; by ander is die gehoes ontsettend erg. ’n Derde van mense produseer slym (sputum). Dit is juis deur hierdie hoes en slym dat die virus van mens tot mens versprei (druppelverspreiding).

In erger gevalle raak mense kortasem (een in vyf, of so 18%). Kortasemigheid is ’n baie slegte teken, aangesien dit kan lei tot ’n ligte tot erge tot fatale longonsteking.

Daar is ook ander simptome wat kan dui op infeksie met Covid-19. Hierdie simptome herinner mens sterk aan griep. Party mense het ’n seer keel (14%), met lyf –en gewrigspyne (15%), hoofpyn (14%) en kouekoors (11%) soos by griep.

Dan is daar twee bykomende simptome wat nie by griep en verkoue voorkom nie: ’n Klein getal mense voel en raak naar (5%) en sowat 4% ontwikkel diarree. Dit is potensieel moontlik om deur kontak met hierdie uitskeidings aan te steek maar niemand weet dit vir seker nie. Dit is ook reeds bekend dat die virus vier tot vyf weke lank steeds in die feses uitgeskei word.

Die grootste verskille in simptome van Covid-19 teenoor griep en verkoue

Die grootste verskille in simptome van Covid-19 teenoor griep en verkoue kom op nies, hoes en koors neer. Vra jouself hierdie drie vrae:

  • Het my siekte begin met ’n taamlike koors?
  • Het my siekte begin met ’n hoes?
  • Het my siekte begin met ’n genies?

Onthou hierdie selfdiagnose is net ’n breë riglyn. As jou simptome jou ‘positief’ diagnoseer, is dit tyd om jou dokter te bel vir ’n professionele mening. Anders kan jy ontspan! Interpreteer jou antwoorde so:

  • As jy nie juis koorsig is nie maar taamlik baie nies is die kans goed dat jy verkoue het – veral as jou neus baie loop en jy voel asof die simptome op jou neus en sinusse fokus.
  • As jy taamlik koorsig is en nie hoes nie is die kans goed dat jy griep het – veral as jou kop, spiere en gewrigte seer is en jy bitter moeg is.
  • As jy taamlike hoë koors bo 37°C en ’n aanhoudende droë hoes het is daar ’n kans dat jy Covid-19 het – veral as jy kortasem is, en as jou kop, keel, lyf en spiere en gewrigte seer is.

Weer eens, onthou, alles hang daarvan af of jy moontlik blootgestel was aan Covid-19.

Die beste behandeling vir Covid-19

Wat kan jy doen as jy of iemand in jou huis siek is?

Dr. Angelique Coetzee sê dat ons self-kwarantyn sal moet toepas. Met ander woorde as selfs net een persoon in jou gesin Covid-19 het sal jy en jou huismense in jul huis moet bly vir ’n volle veertien dae. Sy glo ons verstaan nie die volle implikasies daarvan nie. Dinge soos kos koop en skoolgaan is vir sulke gesinne buite die kwessie, en vir mense wat vir hulself werk, sal die werksplek en maandelikse inkomste dus dalk ontwrig word.

Watter medisyne is die beste vir Covid-19?

Dit lyk asof ons onsself tuis sal moet behandel. Op hierdie stadium word mense met Covid-19 simptomaties behandel. Met ander woorde jy gebruik medikasie wat jou simptome verlig, net soos met ’n gewone verkoue. As jou kop seer is drink jy ’n pynpil.

Dr. Coetzee beveel aan dat jy jou dokter bel en jou simptome beskryf. Jou dokter sal dan op grond daarvan medikasie aanbeveel en voorskryf. Jy sal dit by die apteek moet bestel en laat aflewer, eerder as om dit self af te haal en ander aan te steek.

Daar is egter een simptoom wat die uitsondering op die reël is: as jy kortasem raak, bel dadelik jou dokter. Jy sal hom/haar steeds nie kan gaan spreek nie maar hulle sal jou help met verdere medikasie en versorging.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.