kategorieë: KalenderOntspanning

Pick n Pay het heerlike nuwe wyn- en kosfees vir Kaapstad in April!

Pick n Pay het heerlike nuwe wyn- en kosfees vir Kaapstad in April! foto’s en inligting verskaf. Hooffoto: Johann Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pick n Pay het heerlike nuwe wyn- en kosfees vir Kaapstad in April!

Liefhebbers van goeie wyn en lekker kos moet beslis ‘n nota maak van die splinternuwe Pick n Pay Wine & Food Festival Cape Town wat van 3 tot 5 April by die V&A Waterfront se pragtige Northern Wharf gehou word.

Hierdie geleentheid bied ‘n kombinasie van heerlike kos en ‘n keur van die Kaap se beste wyne. Die fees word met trots aangebied deur Pick n Pay, wat meer as ‘n 1000 soorte wyn van 100 landgoedere in hul winkels landswyd verkoop. Boonop kan jy jou gunstelingwyn aanskaf teen dieselfde prys as wat jy dit by die wynplase se kelders koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En Gautengers, moenie bekommerd wees nie: ‘n soortgelyke fees word later in die jaar in Johannesburg gehou.

Goeie wyn gaan hand aan hand met lekker kos, en by die Pick n Pay Fresh Food Market gaan daar oorgenoeg wees om te proe en te koop – van varsgebakte brode, heerlike kase, vars vrugte en groente tot steaks, kaasborde, hamburgers, toebroodjies en koffie. Spesiale peuselgoed vir die kleingoed sal ook te koop wees.

‘n Besliste hoogtepunt is die spesiale proekamer. By die Pick n Pay Tasting Room sal kenners soos wynmakers en ‘n professionele sjef jou smaakknoppies prikkel met bekroonde wyne, perfek gepaar met smelt-in-die-mond canapés. Behalwe vir die gastronomiese genot, sal jy na hierdie ervaring ook jou vriende kan beïndruk met jou kennis van watter wyn saam met watter kos bedien behoort te word.

Maar wees gewaarsku: kaartjies vir hierdie 30 minuut-sessies is beperk, en verkoop vinnig uit. Bespreek dus nou al jou plek hier om teleurstelling te voorkom.

Die dag se pret en plesier sal aangevul word deur musiek. Bring gerus jou familie en vriende en kom deel in die pret!

Wanneer:

Vrydag 3 April 15h00 tot 19h00 (Toegang @R165)

Saterdag 4 April 12h00 tot 19h00 (Toegang @R185)

Sondag 5 April 12h00 tot 18h00 (Toegang @R185)

*Kinders onder 18: gratis toegang, maar ontvang nie ‘n proeglas nie.

Waar: North Wharf, V&A Waterfront

Kaartjiepryse vir die Pick n Pay Tasting Room (*sluit toegang tot die wyn- en kosfees in, asook ‘n 30-minuut voorafbespreekte wyn en canapé-proesessie) 

  • Vrydag R215
  • Saterdag en Sondag R235

Meer inligting by www.pnpwineandfoodfestival.co.za of op Facebook, Instagram en twitter

Loer hier vir nog lekker doen-dinge

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.