kategorieë: VelsorgSkoonheid

Nico Panagio oor velsorg, behandelings en sy seerste skoonheidservaring

Nico Panagio oor velsorg, behandelings en sy seerste skoonheidservaring deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dink jy die meeste mans het darem nou al ’n velsorgroetine? (‘n Dekade terug is daar nog na mans as metro-sexual verwys as hulle ’n gesigroom gebruik het.)

Ek dink die meeste mans het nou al besef dis oukei om jouself te versorg, dit is immers jou tempel, of hoe? Ek dink ook slim bemarking het gesorg dat selfs dié wat nog sukkel om met hul sagter kant in aanraking te kom, gemakliker voel om daai anti-age-room aan te wend!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Christi Panagio verklap haar skoonheidsgeheime PLUS jy kan haar gunsteling-produkte WEN

Wat is jou velsorgroetine? En watter produkte gebruik jy?

Ek en Christi is albei mal oor pHformula se reeks. Ons sê altyd velsorgprodukte moet opreg indrukwekkend wees, of ‘n mens gaan nie lank daarby hou nie. Jou vel is belangrik, want dit is die deel van jou waarmee mense meestal in aanraking kom, of dit nou in lewende lywe of op die skerm is. So jy moet seker maak jy gebruik die beste produkte.

Lees ook: Kom kuier saam agter die skerms met die Panagios

Dit lyk of jy ’n sterk vel het. Gebruik jy daagliks sonroom?

Ek het ‘n sterk vel, maar dit beteken nie ek kan kanse waag nie. ALMAL het sonskerm nodig, veral op jou gesig. Ek gebruik pHformula U.V.Protect SPF 30 (R463) wanneer ons verfilm. Dit maak nie ‘n lagie op my vel nie en werk goed, solank jy dit gereeld aanwend. Die pHformula U.V. Protect SPF 50 (R701) is uitstekend vir wanneer ek veldlope doen, branderplankry of kajak-ry, want dit is waterbestand en baie gemaklik.

Nico Panagio oor velsorg, behandelings en sy seerste skoonheidsoomblik

Sorg jy op ’n spesifieke manier vir jou vel  wanneer julle “Survivor” verfilm? Jy is seker dan nog meer aan die son en elemente blootgestel. Het dit ’n effek op jou vel?

Ons bring 16 uur per dag in die son of wind deur, en dan is daar ook die seewater en tropiese storms. Dus is velsorg uiters belangrik. Al wat ek dan anders doen, is om meer dikwels room aan te wend, want dit sweet (of reën) weer so vinnig af. Ons dra almal ook lekker groot sonhoede. What happens in Vegas …

Wanneer het jy vir die eerste keer vir ’n gesigbehandeling gegaan?

Ek was nog nooit bang of skaam vir pamperlang nie. Een van my eerste meisies het by ‘n “skoonheidskool” studeer en ek het weekliks gesigbehandelings en lyfmasserings gekry, want sy moes oefen. As ek nou terugdink, is dit dalk hoekom ons so lank saam was ná die “vlam al uitgebrand was” (grappie!)

Watter gesigbehandelings laat doen jy op die oomblik?

Skin and Body Boutique in Durbanville bederf ons wanneer ook al ons ‘n draai daar kan maak. My grootse uitdaging is om wakker te bly vir die pamper-deel van die ervaring. Ek raak altyd aan die slaap dis so lekker! Maar what happens in Vegas en al so aan …

Wat was jou seerste skoonheidsoomblik?

Toe ek op skool was, het ek padfiets gery. Ek het vir my ‘n Benino Shimano-fiets met my sakgeld gekoop en ‘n jaar lank daaraan afbetaal. Die fiets was ongelooflik mooi en blitsvinnig en baie sleek en ‘n mens moes bene hê wat by hom pas. Toe maak ek die grootse fout van my lewe en gaan vir ‘n wax, ‘n been wax. Albei bene! Tot heel bo, wel amper heel bo. Die trane loop nou nog as ek aan die pyn dink.

Hoe sorg jy vir jou baard wanneer dit effens langer is?

Ek hou dit netjies met ‘n trimmer, en ek gebruik elke nou en dan Cold Pressed Virgin Coconut-olie om dit te versorg.

Foto: Kristina Stojiljkovic Nico Panagio oor velsorg, behandelings en sy seerste skoonheidsoomblik

Verkies jy skoongeskeer of stoppelbaard?

Stoppelbaard! Christi hou ook glad nie van my gesig skoongeskeer nie so ek is baie gelukkig ons is op dieselfde bladsy. Ek lyk skoon vreemd wanneer ek alles afskeer en ek het seker ‘n jaar laas geskeer.

Enige raad vir mans wat nie vir hul velle sorg nie?

Dink net aan daardie app wat ‘n mens kan gebruik om te sien hoe jy eendag gaan lyk. As jy nou al begin versorg, is dit amper asof jy daardie toekomstige jy ‘n lekker Photoshop smoothing effek gee!

Watter haarprodukte gebruik jy?

Ek is mal oor Naturalmenté se reeks haarprodukte. Dis alles so natuurlik moontlik en werk baie goed op my Griekse pels wat op my kop groei (ek het gelukkig min hare op ander plekke, want alles is op my kop!)

Jy kan selfs die Naturalmenté-verpakking eet as jy sou wou, want dis bioafbreekbaar.

Wat is jou gunsteling-parfuum?

Ek gebruik bitter min ruikgoed. Net as ek baie deftig aangetrek is. Selfs dan glo ek ‘n mens moet baie min aanwend – dit moet ‘n subtiele, vinnige oomblik van ‘n gedagte van ‘n reukie wees. Anders is dit net te veel!

Ek spuit cologne teen die spieël, dan druk ek my vingerpunte daarin en druk dit teen my keel, net onder my baard. Dit is al. Wanneer ek wel cologne gebruik, verkies ek ou skool Carolina Herrera 212 Men (R1 095 vir 50 ml) of Issey Miyake L’Eau d’Issey for Men (R1 075 vir 75 ml)

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.