kategorieë: FiksheidGesondheid

Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Griep en oefen is nie maats nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Griep & oefen

Griep of verkoue is nooit lekker nie, maar as jou oefenprogram op dreef is, is dit ’n dubbele slag. Wanneer mag jy oefen en wanneer gaan dit net jou hersteltyd langer maak? Of veel erger, permanente skade aanrig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lugwegontstekings kom baie algemeen onder atlete voor. Dit word meestal veroorsaak deur virusse maar dit kan ook weens bakterieë, ander organismes en allergieë wees.

Dis gewoonlik veilig om te oefen solank die infeksie bo jou nek is en jy nie koors het nie.

Lees ook: Oefen lekker en voel goed hierdie winter

Hoekom word jy gouer siek as jy topfiks is?

Die goeie nuus is dat matige oefening jou immuniteit verbeter en keer dat jy maklik siek word. Maar die prentjie verander as jy baie intens oefen, soos voor ’n belangrike wedren. Dan beïnvloed dit jou immuniteit negatief. En dit maak nie saak of dit die eerste keer is wat jy die Comrades hardloop, en of jy ’n kans het om ’n goue medalje te wen nie – te veel oefen bly te veel oefen.

Dis belangrik om te onthou dat ons almal uniek is en verskillend op oefening sowel as siektes reageer. As jy boonop min slaap, gaan dit jou gouer vatbaar vir infeksies maak. Dus: hoe harder jy oefen, hoe versigtiger moet jy wees vir siek word.

Die beste oplossing is om te rus tot jy beter voel. Onthou, dis beter om effens aan fiksheid in te boet en steeds te kan deelneem as om te onttrek weens siekte of ’n besering.

Lees ook: Jy kan hierdie winter gemotiveerd vir oefening bly

Hoe gou verloor jy fiksheid?

Uit studies onder fikse atlete het dit geblyk dat jou VO2 max (dis jou maksimum kapasiteit om suurstof tydens oefening te vervoer en te gebruik) bitter min verander as jy vir tien dae nie kan oefen nie. Ná twee weke het atlete se VO2 max met net 6% afgeneem. Dit beteken dat ’n atleet wat gewoonlik 5 km in 20 minute hardloop, dit nou in 21:05 sal hardloop. (Die studie is op atlete gedoen wat 4-6 maande se oefening agter die rug het. As jy ’n beginner is, of nie gereeld oefen nie, gaan jou fiksheid vinniger agteruit.)

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

As jy met ’n hartklopmonitor oefen en jou rustende hartklop is skielik hoër as gewoonlik, is dit ’n aanduiding dat jy nie moet oefen nie

Ligloop vir antibiotika

As jy werklik siek is, behoort jy nie te oefen nie, maar hoe gemaak as jy goed voel, maar jou kursus antibiotika is nog nie voltooi nie? Een van die grootste probleme lê by ’n groep antibiotika wat tot geskeurde senings lei. Fluoroquinolones (insluitend ciprofloxacin en levofloxacin) word gereeld ingespan om blaasontsteking te behandel – iets wat maklik onder fietsryers voorkom. Die uitwerking kan blykbaar selfs ’n paar maande duur omdat die medikasie die sening se vermoë om te herstel vernietig. Veral hardlopers moet die dokter daaraan herinner dat hulle atlete is wanneer antibiotika voorgeskryf word. Antibiotika kan ook jou spysverteringkanaal irriteer en tot diarree en moontlike dehidrasie lei.

Lees ook: Oefen so in die winter as jy bibber

Herstel behoorlik ná oefening

Uithourenne soos Ysterman of die Comrades verg geweldige toewyding en lang ure se oefening. Atlete kan soms teen hul eie beterwete aanhou oefen en deelneem omdat hulle voel dat hulle al soveel vir die wedren opgeoffer het. Wees verstandig en hanteer griep en verkoue (of enige ander siekte) met die nodige respek. Gun jou genoeg tyd om ná elke oefensessie te herstel en moenie in die strik trap om te oefen wanneer jy siek is, of ná ’n siekte te gou intense sessies aanpak nie.

Lees ook: Wat jy moet weet oor oefening in die winter

Griep kan jou hartspier aantas

As jy oefen wanneer jy griep het, skaad jy jou liggaam op twee maniere: Jy gebruik die energie wat jy nodig het om die infeksie te beveg, en sekere griepvirusse affekteer jou hartspier (miokarditis) wat met oefening tot hartskade en selfs skielike dood kan lei. As jy ná ’n griep buitengewoon moeg en kortasem is, is dit raadsaam om jou dokter te spreek. Soms is dit nodig om vir ses maande glad nie te oefen nie om seker te maak dat daar geen permanente skade ná miokarditis is nie.

Hooffoto: Andrea Piacquadio vir Pexels

Lees ook:

Dis hoekom jy nie moet oefen as jy hoes nie

Die beste wenke vir winterfiksheid

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.