kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Valiant Swart – oor sy nuwe album

Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis só tot ’n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met ’n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien. Sy nuwe album, Rondry, Fliek en die Buitelewe, is ’n versameling karaktersketse wat met die strewe na vryheid deurspek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die inspirasie vir die album is jare se waarneming van mense en plekke. Hy verduidelik dat dié versameling die lewe van alle kante benader. Party temas raak aan die strewe na vryheid, geluk en vervulling, terwyl ander die moeiliker tye in die lewe ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met Rondry, Fliek en die Buitelewe bly Valiant (wat bekend is vir sy rock-, country- en bluesmusiek) getrou aan sy musiekstyl en voeg hy nuwe liedere tot sy repertoire wat tuis sal wees op die langpad, sowel as om ’n kampvuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Valiant, wat deur die jare groot bekendheid verwerf het met liedjies soos “Eyeshadow”, “Kleinmond koebaai”, “Jakarandastrate” en “Liefde by die dam” verduidelik dat sy grootste inspirasie vir musiek van sy pa kom. Sy liefde vir lirieke is te danke aan sy ma wat by hom ’n liefde vir die geskrewe woord gekweek het. Dis egter sy vrou, Lanelle, wat hom daagliks aanspoor om na meer as 30 jaar steeds doen waarvoor hy lief is.

Vroeër in sy lewe, terwyl hy in Sunnyside, Pretoria, gewoon het, het Valiant se paaie met dié van Koos Kombuis gekruis. Hy vertel dat hy in daardie stadium reeds ’n groot aanhanger van Koos se musiek en gedigte was.

Koos het as Valiant se mentor opgetree, hom onder sy vlerk geneem en as sy kitaarspeler aangestel.

Met die verloop van tyd het Valiant sy eie stem begin vind en na afloop van sy diensplig het hy met ’n hele arsenaal nuwe liedjies terug Stellenbosch toe gegaan. Saam met ’n skoolmaat en ’n paar musiekvriende het hulle die Valiant Swart Band gestig. Dit was die begin van ’n loopbaan wat vir Valiant om Suid-Afrika heen sou neem.

Foto: Andree Frates Photography

Karlien Meiring het meer oor sy jongste album gaan uitvind.

Hoe het jou klank sedert jou laaste album ontwikkel?

Die laaste album, Nagrit, is sewe jaar gelede uitgereik. Ek het nie juis veel verander aan die klank nie. Met die voorafgaande 17 albums is daar ’n spesifieke klank gevestig wat vir my styl werk; so ’n blues-country-rock-gevoel.

Die musiek kan vanuit ’n musikale oogpunt as bittersoet beskryf word, maar steeds opgeruimd. Die musiek is vrolik, maar met tye melankolies – eg aan goeie rock-en-roll- musiek.

Wat is die storie agter die album se titel?

Toe ek ’n laitie was, het ons gereeld tydens skoolvakansies by my ouma en oupa op Beaufort-Wes gaan kuier. My tannies (destyds tieners en jong vroue) het altyd daardie fotoverhaalboekies gekoop wat ’n mens in die vroeë jare sewentig gekry het – dit was nog voor televisie – en wanneer ek verveeld was, het ek dan maar die boekies deurgelees. Die laaste klompie bladsye was die opwindendste: die Hoekie vir Eensames (basies die Tinder van destyds). Daar was altyd ’n beehive-aster van iewers op ’n saai plattelandse dorp, uitgehonger vir geselskap, met ’n lysie van kenmerke waaroor ’n geskikte manlike kandidaat sou moes beskik. Dit het my destyds altyd opgeval hoe baie van die vroue hul gunsteling-tydverdryf as “rondry, fliek, en die buitelewe” aangedui het. Die frase het op die een of ander manier in my kop vasgesteek.

Ek wonder of een van my tannies ooit die pen opgeneem het …

Wat is jou gunstelingsnit op die nuwe album?

Sjoe, dis soos om tussen ’n mens se kinders te moet kies. Ek is mal oor elkeen van die liedjies – elkeen het sy plek en funksie op die album. Die afsonderlike musikale elemente en narratiewe vul mekaar aan om ’n geheelbeeld te vorm.

Kan jy ons deur die kreatiewe proses vir hierdie album lei?

Dit begin altyd by ’n idee vir ’n liriek en ’n melodie – en dan begin die foltering! Dit neem soms maande, selfs jare, om onverwags op ’n frase of melodie af te kom wat ’n liedjie laat ontsluit. Wanneer jy die melodie en die “storie” en die “prentjie” het, begin die uitbou van die instrumentasie – die eintlike musikale komponent – totdat jy ’n sintese tussen al die elemente bereik – en voila!

Klink maklik, nè? Wel, dis soms louter hel.

Wie is jou droomkunstenaar om ’n duet mee te sing?

Hmm … wie weet? Miskien wag daar ’n verrassing net om die draai …

Rondry, fliek en die buitelewe is op alle digitale platforms beskikbaar.

Lees ook: Mzansi-jeugkoor maak geskiedenis op America’s Got Talent

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.