kategorieë: OuerskapJou lewe

Kinders met outisme moet speel!

Versorg deur Mariette Snyman. Foto emeliemaria/istock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dis van die grootste belang dat gesinne en gemeenskappe omtrent hierdie toestand ingelig word,” sê Keri Delport, die direkteur van Autism Western Cape, ’n organisasie wat hulle daarop toespits om mense met outisme-spektrumstoornis (autism spectrum disorder) te bemagtig. “Mense met outisme is besonderse mense wat op verskillende maniere deure vir ander oopmaak. Hulle is uiters eerlik en het die vermoë om in die oomblik te leef.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spel is ’n belangrike hulpmiddel

“Spel gee kinders met outisme se ontwikkeling ’n hupstoot en bied hulle die geleentheid om ’n verskeidenheid vaardighede aan te leer,” sê Keri. “Mense met outisme kan uitstekend fokus wanneer iets hulle interesseer, en wanneer hulle ’n konsep verstaan, onthou hulle dit baie goed.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As hulle dit geniet om te speel, gee die speelruimte hulle die fisieke en sielkundige steun wat hulle nodig het. Dan leer hulle maklik. Dit stimuleer hulle taalontwikkeling, kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede.”

“Wanneer kinders met outisme lekker saam met ander kinders speel, kom ’n belangrike kringloop aan die gang. Dit help hulle leer om interaksie met ander kinders te hê en ontwikkel hul sosiale vaardighede. Dit moedig ook onafhanklikheid aan.”

Drie soorte spel

Funksionele spel

Volgens Keri behels funksionele spel om ’n speelding te gebruik vir die doel waarvoor dit ontwerp is. ’n Bal word gebruik om te rol, nie om aan te byt nie; ’n karretjie is bedoel om op die vloer rondgestoot te word, nie sodat ’n kind na die wiele kan staar nie; ’n pop kan kamma gevoer word, en is nie daar sodat stukkies garing uit haar klere geryg kan word nie.

Sensoriese spel

Sensoriese spel behels enige aktiwiteit wat jou jong kind se sintuie – aanraking, reuk, smaak, beweging, balans, sig en gehoor – stimuleer. Sensoriese aktiwiteite bevorder verkenning en moedig kinders op ’n natuurlike wyse aan om wetenskaplike prosesse te gebruik terwyl hulle speel, skep, ondersoek en verken. Voorbeelde van sensoriese spel is waterspel met borrels in die water, speelgoed wat geluide maak of liggies aktiveer, en spel met kinetiese sand of speelklei.

Verkennende spel

Verkennende spel toon ooreenkomste met sensoriese spel. Dit beteken kinders gebruik aanraking en hul reuk- en smaaksin om die tekstuur en funksie van voorwerpe te verken en te ontdek. Dit gee hulle nuwe ervarings. Verkennende spel is een van die vroegste vorms van spel en word sterk aan ’n kind se ontwikkeling verbind. By babas is hierdie soort spel baie fisiek, omdat babas hul hele liggaam inspan om hul nuwe omgewing te verken. Voorbeelde van verkennende spel sluit in ’n sandput, speel met balle, asook eenvoudige “konstruksie”-spel soos om pennetjies in ’n bord in te kap.

Gepaste speelgoed

1. Teddiebere en “mondblokke”

Kinders met outisme verken en ontdek voorwerpe gewoonlik deur dit in die mond te sit, baie soos babas maak. Mondblokke (mouthing blocks) is koubare speelgoed/blokke waaraan kinders nie kan verstik nie en wat veilig is as dit mond toe gaan.

2. Legkaarte en Lego

3. Speelklei en kinetiese sand

Kinetiese sand lyk droog, maar voel soos nat sand en kan gevorm word; dis in verskillende kleure beskikbaar.

“Ouers speel ’n deurslaggewende rol om seker te maak dat kinders met outisme doelgerig speel,” verduidelik Keri. “Dis belangrik dat hulle toesien dat die speelgoed of speletjies nie hul kind oorweldig of onder druk plaas nie. Dit moet vir hulle lekker wees – dan is die kans om hul selfvertroue aan te help die grootste. Die ontwikkelingskenner, Jean Piaget, het gesê: ‘Spel is kinders se werk.’”

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.