9. Hoenderslaai
Genoeg vir 4-6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• ’n mengsel vars kropslaaiblare (ons het wilde roketblare gebruik)
• 500 g (4) hoenderborsies, gaargemaak en in repies getrek (ideaal as jy oorskiethoender het)
• 4 murgpampoentjies en 1/2 komkommer, in linte gesny met ’n groenteskiller
• 1 geel en 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
• 125 g (±7 groterige) kersietamaties, in ringe gesny
• 1 middelslag- pers ui, gehalveer en in die lengte in dun skyfies gesny
• 12 olywe, ontpit, en middeldeur gesny
• 250 ml (1 k) suikermielies, gevries of geblik
• 60 ml (4 e) sonneblomsaad vir garnering, droog gerooster in ’n warm pan
• ’n hand vol grasuitjies, gekap
Slaaisous
• 250 ml (1 k) vetvrye- ongegeurde jogurt
• 60 ml (4 e) laevetmayonnaise
• 30 ml (2 e) vars dille, gekap
• 30 ml (2 e) vars koljander, gekap
• gemaalde swartpeper na smaak
1 Sit die slaaiblare in ’n mooi slaaibak. Meng die oorblywende slaaibestanddele, behalwe die sonneblomsade, en meng dit deur die slaaiblare.
2 Meng die sousbestanddele en sit voor saam met die slaai.
3 Strooi die sade oor en dien dadelik op.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.