kategorieë: KosSomerkos

Hoendersosaties met grondboontjiesous & antieke graanslaai

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 1 kg hoenderdytjies, sonder vel en been.
• 15 ml (1 e) heuning
• 7,5 ml (1½ t) paprika
• 45 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• 1 groen brandrissie, fyn gekap
• 75 g grondboontjies, liggies gerooster
• 30 ml (1 e) soetrissiesous
• 250 ml (1 k) klapperroom
• 60 ml (¼ k) sojasous
• 30 ml (2 e) grondboontjiebotter
• 10 ml (2 t) hempsaad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Sit die hoenderdytjies in ’n middelslag-mengbak, geur met sout en swartpeper, voeg die heuning, paprika en 30 ml olyfolie by en sit vir 30 min. eenkant.
2 Meng die oorblywende 15 ml olyfolie en brandrissie in ’n klein bakkie.
3 Verhit die grondboontjies, soetrissiesous, klapperroom, sojasous, grondboontjiebotter en hempsaad in ’n kastrol oor matige hitte tot kookpunt. Haal af en hou eenkant.
4 Ryg die hoender op 6 sosatiestokke en braai vir 10 min. of tot goudbruin in ’n riffelpan oor hoë hitte.
5 Smeer die hoenderye met die groen brandrissie-olie en braai vir nog 2 min. aan elke kant of tot gaar.
6 Sit die hoendersosaties met die grond-boontjiesous en die antieke graanslaai voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Antieke graanslaai

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie slaai is supervoedsaam! Ons het oulike botterskorsienoedels te koop gekry en dit sommer ook by die slaai gevoeg.

• 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
• 2 geel soetrissies, middeldeur gesny en ontpit
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• 250 g babawortels
• 2 mielies, pitte van die stronk afgesny
• 100 g freekeh, (kook vir 40-45 min. in 3 koppies gesoute water)
• 100 g bulgur (laat die bulgur vir 30 min. in 1 koppie gesoute kookwater week)
• 100 g pêrelspelt (kook vir 40-45 min. in 3 koppies gesoute water)
• 100 g quinoa, (kook vir 15-20 min. in 1 koppie gesoute water)
• 5 sprietuie, fyn gesny
• hand vol basiliekruid
• hand vol kruisement
• hand vol koljander
• 1 rooi ui, fyn gekap

Slaaisous
60 ml (¼ k) witwynasyn
30 ml (2 e) korrelmosterd
5 ml (1 t) heuning
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 k) olyfolie

Meng al die bestanddele en geur met sout en swartpeper

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Sit die botterskorsie en geel rissie op ’n oondpan, sprinkel 15 ml olyfolie oor en geur met sout en swart peper.
2 Bak vir 20 min.
3 Sit die babawortels en mieliepitte by, skep die oorblywende olyfolie oor en bak vir nog 15 – 20 min. Haal uit.
4 Meng die geroosterde groentes, freekeh, bulgur, pêrelspelt, quinoa, sprietuie, basiliekruid, kruisement, koljander en ui in ’n groot mengbak.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.