kategorieë: WenkeMode

Sorg so vir jou hofskoene

Ondersteun jou skoensole

Verstewig en versterk die sole van jou gunsteling hofskoene. Vra jou skoenmaker om ’n dun beskermlagie (rubber) onderaan jou skoen vas te gom. Dit sal keer dat water deurgelaat word en ook verhoed dat jy gly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beskerm teen nat weersomstandighede

Sodra jy ’n nuwe paar skoene aanskaf, sproei die bolaag met ’n wateragtige beskermmiddel. Dit sal verhoed dat reën of ander vloeistowwe die materiaal binnedring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou merke dop

Wanneer ’n merk op die skoen se materiaal gewaar word, behandel dit onmiddellik. Watermerke kan liggies met ’n spesiale borsel uit Sweedsleer gevryf word. Verwyder merkies van leer onmiddellik met behulp van ’n klam lappie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Slim berging

Bêre jou hofskoene in ’n kas teen kamertemperatuur. ’n Area wat te warm is kan jou leerskoene laat krimp. As jou skoene klam of nat is, moet dit liefs nie onmiddellik in ’n skoenboks of kas gebêre word nie. Dit kan bakterieë, ongewenste reuke en skimmel veroorsaak.

Bedek jou skoene

Beskerm jou hofskoene van stof en vuilheid deur dit in vilt- of katoensakkies binne-in jou kas te bêre. Dit sal ventilasie toelaat. Plastieksakkies sal jou skoene uitdroog.

Wissel jou dae

Moet liefs nie dieselfde paar skoene twee dae in ’n ry dra nie. Jou skoene sal so tussen sessies kan asemhaal en die vorm herstel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom

Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy…

8 hours Gelede

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

1 day Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

1 day Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

1 day Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.