kategorieë: Ontspanning

Hou die kleinspan besig teen ’n sakpas-prys

Hier is nog vier maniere waarop ShowMax jou lewe as ouer makliker kan maak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Dit sal kinders vir dae lank besig hou

Die wye verskeidenheid programme sal jou kinders lank besig hou. Al die gewildste Afrikaanse programme is beskikbaar PLUS daar is ook ’n heerlike internasionale aanbod, met titels soos Lassie, Shaun the Sheep en Aladdin. Dora the Explorer, Curious George en Dennis the Menace kuier ook almal by ShowMax, terwyl groter kinders sal hou van programme soos Victorious, Naturally Sadie en iCarly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Daar’s iets vir elke ouderdom

As jy ’n hele stel orrelpypies het, kan jy seker wees daar is iets op ShowMax vir elke fase. Animasiereekse en opvoedkundige programme vir die kleintjies, tienerflieks, asook vermaak vir ma en pa!

3 Jy het volle beheer oor wat kinders kyk

Met ShowMax se eenvoudige verbruikersprofiel kan jy seker wees dat jou kinders nie per ongeluk iets gaan kyk wat nie geskik is vir hul ouderdom nie. Gebruik die ouderdomsverstellings om seker te maak almal sien net wat hulle mag sien – selfs wanneer jy nie naby is om ’n oog te hou nie. Daar is vier kategorieë: programme vir jonger kinders, ouer kinders, tieners en volwassenes. Dis maklik om die verskillende profiele op te stel, en jy kan dit met PIN-kodes beskerm.

4 Jy kan programme aflaai wat enige tyd gekyk kan word

Laai tuis tot 25 programme op jou slimfoon of tablet af wat die kinders in die kar kan kyk – al ry julle deur die gramadoelas waar daar geen internetverbinding is nie. Hierdie funksionaliteit gaan sommer baie van jou vakansie-frustrasies vir altyd verlig … Dit alleen is die bekostigbare maandelikse fooi tien maal werd!

Wat is ShowMax?

Kyk al jou gunsteling-programme enige tyd, enige plek met ShowMax internet-TV teen slegs R99 per maand. Dis voltydse vermaak, met die beste internasionale en plaaslike programme op jou slimfoon, skootrekenaar, tablet, Apple TV, DStv Explora of slim TV. Dit kan ook gebruik word met AirPlay en Google Chromecast. Stroom terwyl jy aanlyn is op enige van hierdie toestelle, of laai tot 25 programme op jou slimfoon of tablet af vir wanneer jy nie aan die internet verbind is nie.

  • Meer as 25 000 episodes van reekse, flieks, dokumentêre en kinderprogramme.
  • 14-dae gratis proeflopie vir nuwe intekenare

Gaan na ShowMax.com en teken aan vir jou gratis 14-dae proeflopie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: Televisie

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.