kategorieë: LeesOntspanning

Krismislyf

’n Week voor Krismis het dit tot my deurgedring: Ek is dik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Van my voornemens sedert September om gewig te verloor sodat ek my sonbruin sellulietlose somerlyf teen Kersfees kan vertoon, het niks gekom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die einde van die jaar stres het veroorsaak dat ek ten minste 10 kg sjokolade verorber het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My enigste redding gaan wees ’n dieet waarmee ek 20 kg in een week kan verloor.

Google het my nog nooit in die steek gelaat nie: “How to lose 20 kg in a week” het ek hoopvol ingetik. Ek het sekondes gewag, en ..  Whalla!, die skerm het vol oplossings gespring. My hoop is verpletter toe ek begin lees: How to lose 20 kg of fat in 30 days; How to lose 1 kg in 1 day; How to lose 15 kg in 2 weeks. Nie een oplossing van hoe om 20 kg in een week te verloor nie. Ek was gedoem tot ’n dik Krismis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Liggaamshouding! Het ek onthou! Ek het immers al menigmaal in my loopbaan by vrouetydskrifte gesien hoe fotograwe ’n mollige celeb kan stileer sodat sy so maer as moontlik lyk (voor Photoshop). Ek het besluit ek sal doodeenvoudig vir twee weke in my maer pose versteen en staan of sit.

Mens doen dit so: As jy staan of op die strandhanddoek sit, swaai jy die regterkant van jou lyf effe na voor/binne en sit jou regterbeen so effe voor of oor die linkerbeen. (Kyk hoe die celebs op die rooi tapyt of op die strand poseer. Dis hoe jy dit reg doen.) Jy hou jou rug kiertsregop om die vetrolle effe tussen die ribbekas en bekkenbeen te  versprei en dan strek jy die ken ook effe na bo om van die dubbelken ontslae te raak. Dit help ook nie jou lyf is reg en jou oë is powwers van oorwerk nie. Jy moet hulle oop rek om groter te laat lyk en verkieslik nie jou oog knip nie, al droog jou oogballe uit. As jou mondhoeke afgetrek is van maande se irritasie met kollegas, moet jy ’n glimlag aanplak wat net breed genoeg is dat mens ’n Mariebeskuitjie tussen jou tanne kan indruk. Dis soos die celebs dit doen. (Dis beter om dik en vriendelik te lyk as dik en nors.) Dis ook belangrik dat jy onthou jy doen dit alles terwyl jy jou maag en agtertstewe intrek en verkieslik nie asemhaal nie.

Ek het dit so vir ’n uur geoefen tot my rug in ’n spasma gegaan en my lippe blou geraak het van ’n tekort aan suurstof. Ek dink ek sal hierdie pose net beoefen in gevalle van nood soos as ek ’n ou universiteitsboyfriend op die strand sien.

Daar was nog ’n oplossing wat ek oorweeg het. Daai lyfkouse wat Verimark adverteer! Dit strek van jou buustelyn tot by jou kniekoppe en druk al jou vet na binne. Ek het al een keer gesien hoe die mense van die garderobe op stel van ’n sepie ’n mollige aktrise in so ’n kontrepsie indwing. Dit was nie ’n mooi gesig nie, maar as dit moet, dan moet dit.

Dit werk so. Jy het twee helpers nodig wat weerskante van jou staan. Elkeen moet aan ’n kant van die lyfkous vashou. Jy steek eerste jou voete in. Dit is die maklike deel. Dan trek jy dit oor jou kuite. Dis ook maklik. Hier by die bobene kom jou moeilikheid. Om die ding oor jou agterstewe te kry, moet jou helpers die broekgedeelte weerskante styf vashou en as hulle sê: “Spring!” moet jy spring en as jy sping, moet hulle gelyk die broek optrek. As jou agterstewe eers in is moet jy jou maag en die vetbolletjies onder jou buustelyn in die lyfgedeelte van die ding ingedruk kry. Dit kan asemhalingsprobleme veroorsaak, maar is ideaal vir daardie een mooi strandfoto wat jy op Facebook of Instagram wil plaas.

Ek het vanoggend twee pienk kalmeerpille gedrink en die winkels gepak op soek na ’n baaikostuum wat my nie soos ’n gestrande walrus sal laat lyk nie.

Die dilemma is dat swembroeke vir volwasse voller figure onverkrygbaar is. Daar is wel die met sulke rokkies wat strek van die buustelyn tot diskreet bokant jou mollige wit kniekoppe, maar uit ervaring weet ek die rokkie blaas soos ’n ballon op om jou lyf as jy in die swembad klim en dit is nie die effek wat ek wil hê nie.

Kon die mensdom, met al sy kennis oor tegnologie, nog nie ’n kostuum ontwerp met ’n superrekstof wat jou appellyf in ’n uurglaslyf verander nie?

Ek het wel by die kraamafdeling gaan loer. Maar die laaste ding wat ek nou nodig het, is om te lyk of ek enige oomblik in kraam kan gaan. Op my ouderdom sal dit nie deug nie.

Van die Lycra-nommers het in die aanpashokkie teen my natgeswete lyf vasgesuig en my vetrolle tot teen my longe gedruk. Selle probleem as met die lyfkous. Mens het hulp nodig as jy hom wil aantrek.

Van die swembroeke wat om my agterstewe pas, pas nie om my karige buustelyn nie. En, ek dog daardie broeke wat by die heupe so hoog opgesny is, is lankal uit die mode? Niemand wil sien hoe hou love handles by jou heupbene verbyflap nie!

Van die kostuums sou net vir my pas as ek vier van my ribbe laat verwyder en ’n stewige liposuiging op my boudjies laat doen.

Dis hoekom ek nou hier by die Mug & Bean sit met ’n dekadente bose dik melkskommel voor my.

Ek is dik, ek ry môre met vakansie, en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.

Ek het netnou in een van daardie nare aanpashokkies kaal voor die spieël gestaan en van alle kante krities na my lyf gekyk.

Ek het ’n paar letsels op my maag van laparoskopieë van toe ek ’n paar jaar gesukkel het om swanger te raak. Elke letsel herinner my dat alles in die lewe nie vanselfsprekend is nie. Ek het ’n letsel waar my galblaas verwyder is wat my herinner dat ek so byna byna die emmer geskop het en ’n tweede kans gekry het. Ek het rekplekke van twee swangerskappe en dit herinner my dat daar altyd hoop en genade is en dat my kinders ’n blessing in oormaat is. My borsies is effe plat, maar dit herinner my daaraan dat ek twee kinders kon borsvoed en ’n wonderlike band met hulle kon smee. My boudjies is effe rond, maar ek weet dit voorsien my met lekker kussings vir al die ure wat ek voor my rekenaar moet sit en skryf.

Dis hoekom ek nou hierdie melkskommel drink. Ek het op hierdie oomblik vrede met my lyf en myself. Ek het hierdie jaar ongenadig hard gewerk en ek verdien die rus.

As jy my dus op die strand sien in my strandpakkie, waai vir my. Miskien wys ek jou my maer pose … of dalk nooi ek jou om saam met my ’n melkskommel te gaan drink.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.