kategorieë: Sukses en geld

Hou só by jou begroting

Die woord begroting wek net soveel angs as die woord dieet. Mens dink onmiddellik jy moet iets lekkers prysgee of opoffer en dan begin jy jouself indoen en jy stel jou sukses op die spel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die suksesvolle bestuur van geld is afhangend van ’n suksesvolle begroting. Geldbestuur hang van ons geldgewoontes af. Op sy beurt, is ons gewoontes die resultaat van dit wat ons herhaaldelik doen oor ’n periode van tyd. Dit is jou finansiële gewoontes wat sal bepaal of jy finansieel vry gaan leef al dan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Derhalwe om suksesvol te begroot, moet ons die regte gewoontes en gedrag aanleer. Net soos ’n dieet waar jy voel jy word ingedoen omdat jy nie dit of daai mag eet nie, en besef dit werk nie op die lang duur nie, so ook sal ’n begroting waar jy voel jy kan nie pret hê nie, nie lank oorleef nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is nie die bedrag geld wat saak maak nie, maar die gewoonte van wat jy doen met jou geld wat in die langtermyn die verskil gaan maak.

Wat ek doen, en ook vir my kinders leer met hulle sakgeld, is om geld te verdeel in verskillende porsies. Die beste is om dit in verskillende rekeninge te sit as jy kan. Hierdie manier van spaar raak al hoe makliker wanneer die regte gewoonte aangeleer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar jou totale inkomste 100% verteenwoordig, breek jy die bedrag op soos volg:

1. Uitgawes (50%)
Hierdie verteenwoordig jou maandelikse onkostes soos water, elektrisiteit, ens. Weet presies waaraan jy dit spandeer.

2. Pret (10%)
Dit is belangrik om elke maand hierdie geld eenkant te sit en iets pret te doen. Dit is belangrik dat jy hierdie bedrag elke maand moet spandeer en dit geniet, jy sal nie voel jy ontneem jouself van enigiets nie, en help jou om gemotiveerd te bly met jou nuwe gewoonte.

3. Spaar vir iets (15%)
Instede daarvan om iets op krediet te koop, wat jou op die lange duur in skuld dompel, spaar ’n bedrag elke maand tot jy genoeg het om daardie item kontant te kan koop. Jy sal so trots voel wanneer jy daardie item skuldvry gaan koop, dat dit jou sal aanspoor om daarmee aan te hou.

4. Finansiële vryheid (20%)
Hierdie geld raak jy nooit aan nie. NOOIT! Hierdie is jou potjie goud wat oor jare akkumuleer en rente verdien wat jou finansieel vry gaan maak.

5. Gee terug (5%)
Gee en jy sal ontvang. Miskien wil jy kos koop vir iemand in nood, of aan liefdadigheid skenk. Die hoe en wat is nie belangrik nie, wat saak maak is dat jy iets doen wat ’n verskil in iemand anders se lewe maak en dit sal jou laat goed voel oor jouself.

As jy hierdie gewoontes kan aanleer en daarby hou, sal jy die lewe op ’n heel ander vlak ervaar en ’n betekenisvolle verskil aan jou finansiële posisie maak. Hou daarby en moenie opgee nie.

Lees ook: 16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

Hilda Lunderstedt is ’n entrepreneur en een van die min vroue wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot ’n 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral ’n passievolle spreker vir vroue. Sy glo aan sukses en raak opgewonde oor geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark vir vroue bied om hul portefeulje op internasionale vlak op te bou.

Hilda is ’n toegewyde ma van 2 jong kinders, skrywer en filantroop.

Lees ook: Maak geldslim kinders groot

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.