Ek is ’n kunstige siel. As daar ’n nuwe tendens is, wil ek dit probeer. My huis het dus in ’n warboel van kunsvlyt-elemente ontaard. Lêers met idees, dose vol verf en kwaste, stapels materiaal en hope mooi papier het my blyplekkie erg ontwrig. Om nie eens van die naaimasjien te praat wat nie ’n gaatjie van sy eie gehad het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dan was daar ook die chaos van half-voltooide projekte. Met die kleinkinders in die rondte wou ek hulle graag stimuleer met vingerverf of klei, maar my vloere sou die gemors ontgeld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Houthuisie was die ideale oplossing. Ek het die mure en die vloer met wasbare verf bedek en oorgenoeg rakspasie geïnstalleer om al my kunsvlyt-benodighede netjies te orden. As die kleinkinders kom kuier, pyl hul reguit op hierdie hoekie af.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hier kan hulle plak en verf na hartelus. Indien ’n verfpotjie omval, mop ouma dit net op. Hier bou ons herinneringe …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.