kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet

Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie artikel skakel aan: Só verseker jy ’n sorgelose aftrede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Beplan vroegtydig vir behuising

Eerstens sien ons dat mense glad nie beplan vir behuising as hulle ouer word nie. Boonop stel mense die besluit meestal te laat uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons ervaring is dat mense makliker besluite in hul sestigerjare neem as later. Ongelukkig stel heelwat mense hierdie skuif uit en hoe langer hulle wag, hoe moeiliker is dit vir hulle om daardie besluit te neem, en word dit al hoe meer traumaties.

2 Weeg die voordele en nadele van aftree-oorde en ’n gewone huis op

Baie mense onderskat die onderhoudskoste van ’n groot huis. Aftree-oorde is nie noodwendig goedkoop nie en jy betaal ’n heffing, maar daar is heelwat voordele soos sekuriteit, tuindienste, goeie geriewe en Internettoegang.

Ouer huise se onderhoud skiet die hoogte in namate tyd aanstap, en ’n groot tuin op ’n groot erf kos baie aan water en onderhoud.

Lees ook: Tree op voor jy aftree

3 Moenie jou kinders voor jou aftreeplan plaas nie

Baie ouers verhuis om naby hul kinders te wees en bly in ’n tuinwoonstel, of selfs in ’n kamer in hul kinders se huis. Dan besluit die kinders om die land te verlaat en jy bly op ’n vreemde dorp agter sonder vriende en familie.

Lees ook: Die pad na jou kleinkind se hart

4 Oorweeg alle opsies

Daar is ook ’n opsie om lewensreg op ’n huis te koop. Dit beteken jy koop die huis teen ’n laer prys, maar daar is geen kapitale toename in waarde wanneer jy die huis verkoop nie. So is jy verseker van ’n beter lewenstyl, hoewel dit jou erflating beïnvloed.

Lees ook: Kan jy bekostig om af te tree?

5 Vra uit oor aftree-oorde met heffingstabilisering

Dit beteken die heffing word gestabiliseer, maar vir dié voorreg boet jy gewoonlik ’n persentasie van die wins van die herverkoopprys in. Neem dit in ag voor jy ’n besluit neem.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou finansies nie ’n vliegramp word nie

6 Reken moontlike gesondheidsprobleme in en tref voorsorg

Mense onderskat die omvang van gesondheidsprobleme. Ons leef langer, maar teen ’n prys.

Maak seker die aftree-oord het ’n versorgingsoord of tuisversorging en stel vas hoe dit werk. Soms is daar so min beddens dat dit nooit in die behoeftes van die oord kan voorsien nie.

Lees ook: Versorging en gesonde grense

7 Bly binne jou begroting, maar koop kwaliteit

Dis verstandig om binne jou begroting te koop, maar soos met die meeste goed kry jy waarvoor jy betaal. Doen jou navorsing en maak seker dat jy die beste plek kry wat jou geld kan koop.

8 Met ’n bietjie moeite kan aftrede heerlik wees

Onthou, aftrede is die begin van ’n nuwe hoofstuk, nie die einde van die boek nie. Heelwat aftree-oorde bied interessante sosiale geleenthede, oefenklasse en meer aan. Neem deel en leer mense ken sodat jy die beste van jou aftrede maak.

Lees ook: Te oud vir oefening? Dink weer!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.