kategorieë: Reis

Indigo Bay, Mosambiek: Iets vir almal

Ons het almal ’n goeie idee van ons tipe persoonlikheid; ons weet waarvan ons hou en wat ons die gelukkigste maak. Diep denkers en avontuurlustiges het verskillende idees oor ’n idilliese vakansie. By Indigo Bay, het ek agtergekom, is daar iets vir elke smaak!
Die pligsgetroue: Stel belang in die onderhouding en bevordering van tradisies en instellings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neem ’n uitgesoekte 4×4-rit op die eiland na ’n plaaslike dorp en ervaar die kultuur. Daar is ’n groot aantal tradisionele vissermanne en hul families wat permanent op die eiland woon. Kuier en gesels met hulle oor die samelewing. Verder is Indigo Bay se personeellede meestal plaaslike inwoners wat in die toerismebedryf opgelei word.
Die natuurbewaarder: Op hul gelukkigste in die buitelug. Rustig en passievol oor die natuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is meer as 180 voëlsoorte op die eiland wat enige voëlkyker na droomland sal neem. Die snorkeluitstappies is ‘n groot trekpleister, moet dit dus nie misloop nie! ’n Kort bootrit na ’n ongerepte koraalrif sal die onderwaterwêreld vir jou oopmaak. Dryf op die water se oppervlak en kyk na die tropiese visse totdat die honger begin knaag, dan sal jy na “Paradys Eiland” geneem word vir ’n liplek-middagete!
Die kunstenaar: Uitstekende sintuie en estetiese waardering vir skoonheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bazaruto is ’n asemrowende plek waar die son in duisend kleure sak. Ry met perde op ’n sandbank of op die strand en neem die prag van die eiland in. Die voëls se liedere en die water se bekoring sal nuwe en kreatiewe idees in jou plant.
Die idealis: Stil, peinsend, en idealisties. Aanpasbaar en ontspanne.

As jy nog nie die ontspanne tipe is nie, sal die Sanctuary Spa sorg dat jy gou van al jou sorge vergeet. Rus net, lê langs die water en laat die klanke van die strand jou gedagtes in drome verander. Of lê in ’n hangmat en lees (of skryf) ’n goeie boek.
Die doener: Aksie-georiënteerd. Risiko-nemers wat ’n vinnige leefstyl najaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir jou is daar baie opsies! Water-ski en kajak is net die begin. My gunsteling was duin-skaats. Hulle neem jou met ’n 4×4 na die pragtige wit duine waar ’n bord op jou wag. Klim tot bo en skiet ondertoe! Balansprobleme laat almal in die groep lekker saam lag. Omdat die duine so groot is, is dit die ideale plek om die son oor die water te sien sak. Die klein vliegtuigies van Federal Airlines is nog ’n prettige ervaring vir die avontuurlustige.
Die uitvoerder: Mens-georiënteerd en pret. Waarskynlik die middelpunt van aandag.

Die eenhede is baie privaat uitgelê, maar as jy ’n mens-mens is, is daar 3 kroeë en 2 swembaddens waar jy met die ander gaste en die vriendelike personeel kan gesels en baljaar. Die swembadkroeg (letterlik in die swembad!) het speletjies soos checkers waardeur nuwe vriende gemaak kan word.

Die oppasser: Prakties, tradisioneel en georganiseerd.

Indigo Bay sal sorg dat jou kuier vlot verloop. Die hotel is deurentyd in verbinding met die ligte vliegtuie wat van en na Vilankulo vlieg om te verseker dat jy betyds kom en gaan. Om jouself gerus te stel, kan jy daagliks al jou aktiwiteite vir die volgende dag beplan en op jou gemak jou skedule volg. Daar is ook ’n Indi Kidz Club wat vanaf agtuur soggens tot vyfuur saans gratis uitkoms bied (in sekere vakansietye is daar toesig).
Die besigheidsleier: Gedryf om te lei. Intelligent en goed ingelig.

As die statige restaurante en kroeë vir jou nie genoeg is nie, is daar suites waar jy jou gaste kan onthaal. In die Executive Suite is daar ’n kroeg en swembad vir private gewin. Hul Qholfbaan (ontspanningsgholf) is ook ’n goeie plek om nuwe besigheidskontakte te maak.

Daar is werklik iets vir almal, maak net seker dat jy lank genoeg kuier om te kan speel en rus! Vir meer inligting oor Indigo Bay Island Resort and Spa bel +258 29 39 1500/2 of stuur ’n e-pos na indigobay@raniresorts.com

Daar is daagliks vlugte tussen OR Tambo Internasionale Lughawe en Vilankulo-lughawe in Mosambiek. Van Vilankulo na Indigo Bay Island Resort and Spa is daar ’n kort vlug van sowat 15 minute met ’n ligte vliegtuigie. Bespreek jou vlug op Federal Air se webtuiste by www.fedair.com of bel +27 11 395 9000, of stuur ’n e-pos na info@fedair.com. Die kort vlug na Bazaruto kan ook direk bespreek word deur CFA Transfers by +27 11 312 0196.

Vir meer inligting oor persoonlikheidstipes gaan na: http://www.personalitypage.com/high-level.html

Foto’s: Anelle Mostert en Tyron Tewson

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.