kategorieë: InspirasieJou lewe

Inkleurboeke vir grootmense: mediteer só

Wie sou kon voorspel dat inkleurboeke vir grootmense in ons tegnologiese eeu ’n reuse-aanhang sou kry? Daar is deesdae meer as 3 000 verskillende inkleurboeke vir volwassenes op Amazon.com beskikbaar en verskeie is topverkopers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Jaar gelede (2016) is al meer as sewe miljoen van Johanna Basford, ’n Skotse illustreerder met ’n kultusaanhang, se inkleurboeke vir grootmense verkoop. Haar boeke is gereeld op die New York Times se topverkoperlys en verkoop gou uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Johanna Basford op Instagram (@johannabasford)

Die eerste keer toe iemand liries raak oor inkleurboeke vir mense wat hul eie skoenveters kan strik en motor bestuur, het jy gedink jy hoor verkeerd. Dit gaan oorwaai, voorspel die slimmes aanvanklik. Maar dis ’n golf wat net groter word en dié wat meedoen, sê dis groot pret en hou boonop baie voordele in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Frankryk het die verkope van inkleurboeke dié van resepteboeke verbygesteek.

Dit sê dalk iets as jy lees dat Frankryk die hoogste voorkoms van depressie in die wêreld het. Selfs die modehuise Yves Saint Laurent en Hermès het hul eie inkleurboeke!

Van die bekendste kunsterapeute trek hul neuse vir inkleurboeke op. In Psychology Today sê ’n bekende internasionale kunsterapeut Cathy Malshiodi: “Kryte of potlode wat heen en weer binne bestaande grense beweeg, is ’n vorm van beperking en breinverdowende ontvlugting aan die hier en nou.” Sy glo regte kunsterapie hou groot voordele in, maar dat inkleur niks meer as net “inkleur” is nie.

Susan Jacoby, skrywer van The Age of American Unreason, sê in ’n onderhoud met die New York Times dat volwassenes wat hulself in kinderlike aktiwiteite soos inkleurboeke verdiep, dalk net wil terugkeer na veilige patrone omdat hulle die werklikheid wil vermy.

Die aktiwiteit kwalifiseer dalk nie as ’n vorm van terapie nie, maar daar is ’n groeiende groep vroue wat dié tydverdryf as baie terapeuties ervaar.

Sam Dreyer, eienaar van die aanlyninkleurwinkel Colouring HQ, sê mense verseker haar dat dit hulle laat ontspan en dat die verminderde spanning hul gesondheid verbeter en hul denke verhelder. Sommiges sê die inkleurdery het hulle gehelp om ’n trauma te verwerk, en ander dat hulle beter slaap wanneer hulle voor slapenstyd vir ’n halfuur inkleur.

Groot aannames, veral as jy in ag neem dat ons hier praat van ’n aktiwiteit wat volgens kunsterapeute geen kreatiwiteit verg nie.

Die inkleur van mandalas met hul simmetriese, herhalende patrone is veral gewild. Die Duitse psigiater Carl Jung het in 1930 al die waarde hiervan nagevors en sy bevinding was dat dit sy pasiënte laat ontspan het en spanningsvlakke verlaag het.

Sam Dreyer bied opleidingskursusse vir sakelui by onder meer die Henley-sakeskool aan, maar inkleur is haar passie. Ja, die soort wat ons kleintyd met inkleurpotlode gedoen het.

“Ek was in 2010 vuisvoos en uitgebrand: ek het my MBA-graad in daardie jaar voltooi en ek moes multimiljoenrandprojekte bestuur in die baie besige ses weke van die wêreldsokkerbeker.”

Sy was gedaan en is Indië toe vir ’n blaaskans. Daar het sy afgekom op ’n inkleurboek met prente van mandalas (die San-skritwoord vir sirkels).

“Ek is nie kunstig nie, maar ek het inkleurpotlode gekoop en begin inkleur. Dit was nie lank nie of ek het ’n groot kalmte in daardie spanninglose, kreatiewe ruimte ervaar. Ek sou nooit kon droom dat dit my eendag na my eie aanlynonderneming sou lei nie.

“Ek het besef dat mense uiteenlopende voordele uit inkleur put. Dis ’n briljante manier waarop besige mense wat dit nie kan verduur om stil te sit en niks te doen nie, kan ontspan. Vir sommige mense is dit bloot ’n manier om af te skakel, vir ander is dit byna ’n soort meditasie.

“Ek het al agtergekom dat wanneer ek ’n uur of twee inkleur, die gedeelte van my brein wat altyd baie aktief is op die inkleurpotlode fokus en die ‘geraas’ in my brein op die kleure. Dit voel asof ek ’n skoon spasie in my brein het waarin ek heeltemal kan afskakel en mediteer.

“Inkleur het my kreatiwiteit in so ’n mate ontsluit dat ek, wat nie kon teken om my lewe te red nie, nou ’n inkleurboek met mandalas vir volwassenes, Mandala Mojo, geteken en uitgegee het.

“Daar word daagliks van ons verwag om probleme op kreatiewe maniere op te los en die kreatiwiteit wat deur inkleur ontsluit word, het my baie gehelp om probleme beter te kan oplos.

“Ek hou ook van die tasbaarheid van papier en potlode – dit anker jou in die hier en nou in ’n wêreld wat toenemend virtueel geword het.”

“Ek het besef dat vroue krities op hulself is – ons wil mos perfek wees. Inkleur is ’n heerlike stokperdjie sonder enige mededinging. Daar is nie ’n regte of verkeerde manier van inkleur nie – jy besluit hoe jy dit gaan doen en jy het die bevrediging dat jy iets voltooi het.”

Koop goeie potlode

Foto: Pixabay

Potlode speel ’n groot rol in die genot wat jy uit inkleur put. Sam beveel aan dat jy ’n ordentlike stel potlode koop.

“Dis nie ’n duur stokperdjie nie en goeie potlode gaan jou net soveel meer vreudge verskaf.”

Sy sê ’n stel van 24 Pritt-inkleurpotlode teen sowat R50 is haar gunsteling, maar soek jy na die Rolls-Royce van inkleurpotlode, beveel sy ’n Faber-Castell Polychromos-stel van 120 potlode teen sowat R3 500 aan. *Pryse en inligting soos per Januarie 2017.

Slaap beter

Die blou lig wat skermtoestelle soos jou skootrekenaar en selfoon uitstraal, beïnvloed die vlakke van jou slaaphormoon, melatonien. ’n Slaaptydritueel wat die lees van e-posse of kuier saam met jou facebook-vriende insluit, kan jou slaapritme versteur. Inkleur, aan die ander kant, voer jou weg op ’n verbeeldingsvlug wat jou van ander spanning laat vergeet en ’n veel beter resep vir reise na droomland is.

Manier om sosiale kontak te maak

• Die meeste mense doen die inkleurding bloot vir pret en ontspanning, maar heelwat span dit in as ’n manier om sosiale kontak te maak.
• Dis veral gewild onder vroue tussen 40 en 60 en ’n welkome uitkoms vir mense wat weens siektes, gestremdhede of die versorging van siek familielede huisgebonde is.
• Hierdie vroue behoort aan facebook-inkleurgroepe waarheen hulle hul inkleurwerk “pos” en ook gesels oor nuwe kunstegnieke en inkleurtoerusting wat beter resultate verseker.
• Sommige van hierdie groepe het tot 40 000 volgelinge. Hierdie nuutge-vonde passie het selfs in ’n stadium ’n wêreldwye tekort aan inkleurpotlode veroorsaak!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.