kategorieë: Leef gesondGesondheid

Inkontinensie – weg met verleentheid!

deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Urien wat lek raak ’n al meer algemene probleem, en selfs vroue van net dertig sukkel met ligte inkontinensie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarom? En watter nuwe oplossings is daar vir hierdie blaasprobleem? vra ons dr. Natalia Novikova, estetiese ginekoloog by Kaapstad Mediclinic.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ongetwyfeld laserbehandeling en elektriese stimulasie of elektroterapie, met ’n toestel soos die Emsella-stoel. Jy is welkom om dit te kom toets.”

Ek laat my nooit ’n tweede keer vir enige iets nooi nie, en maak ’n afspraak. Dit klink nie ingrypend nie, en mens weet nooit of jy dit vorentoe nodig kan kry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het die Emsella-stoel vir die aardigheid gaan toets

Toe ek instap is ek bietjie spyt dat ek myself so maklik in iets so persoonlik kon laat inpraat. Hoe sal dit voel? Dalk seerder as wat hulle sê? En sal die Emsella-stoel ’n situasie van diepe verleentheid afgee?

Gelukkig nie. Dit is ’n stap-in-stap-uit soort terapie. Jy hoef nie te verklee nie en geen spesiale elektrodes word op jou geplak nie. Jy gaan sit bloot op die Emsella-stoel – dit is al.

Dit is gemaklik genoeg dat jy heerlik kan sit en lees terwyl jy “oefen”. Maar moenie dink niks gebeur nie. Ek was daarna behoorlik tam, asof ek deeglik oefening gekry het. Dr. Novikova vertel dat party mense die volgende dag van pynlike spiere kla weens opgeboude melksuur, net soos jy kla van stywe, seer spiere as jy lank laas geoefen het.

Die Emsella-stoel lyk soos ’n ronde staalstoel met ’n segment reg in die middel wat met behulp van ’n elektriese stroom die ekwivalent van ligte skokkies direk op die vaginale opening lewer. Dit veroorsaak dat die spiere van die bekken saamtrek – net soos wat jy met kegeloefeninge sou doen. Al verskil is dat ’n behandeling van dertig minute jou 11 000 spiersametrekkings gee. Dit is onmoontlik om op jou eie soveel kegels in selfs ’n hele dag uit te voer. Die masjien word geprogrammeer om al intenser prikke te lewer, tot by ’n bepaalde maksimum. Hoewel jy veral by die hoër frekwensies deeglik bewus van die prikke raak, is dit glad nie pynlik nie. Dit is veel erger om tandarts toe te gaan.

Help die Emsella-stoel regtig vir inkontinensie?

Ek kan ongelukkig nie sê nie aangesien ek net een keer gegaan het. Mense wat werklik vir inkontinensieterapie met elektrostimulasie met toestelle soos die Emsella-stoel gaan, doen ses sessies, twee keer per week versprei oor drie weke.

Maar dr. Novikova self sê dat elektriese stimulasie vir ligte en matige inkontinensie bedoel is, eerder as vir vroue met gevstigde, ernstige inkontinensie.

Wat wys die navorsing? ’n Cochrane-oorsigartikel wys wel dat tot drie keer meer mense ná elektrostimulering van hul inkontinensie genees is. Maar die aantal behandelings is belangrik: in een van die ondersoeke het mense eers ná twaalf maande van behandeling verbeter. Van die ondersoeke wys dat kegeloefeninge – mits jy dit korrek en daagliks doen – net so doeltreffend as die elektriese stimulasie is.

Elektriese stimulering vir inkontinensie is in hierdie stadium taamlik duur maar darem goedkoper as ’n operasie. Chirurgie behoort in elk geval die laaste opsie te wees, as al die ander soorte terapie nie die probleem opgelos het nie.

Maar dit is goed om te weet dat kegeloefeninge werklik doeltreffend kan wees, mits jy dit reg doen en onthou om dit gereeld te doen. En dit is gratis en verniet.

Lees ook: Hoe om jou kegeloefeninge reg te doen

Maar waarom het ons  deesdae ’n probleem met inkontinensie?

Die basiese oorsaak is dat ons spiere minder ferm is, verduidelik  dr. Novikova.

“Die blaas hang soos ’n ballon in die pelvisvloer. Dit word in posisie gehou net deur ’n stel spiere – die spiere wat jy saamtrek wanneer jy jou kegeloefeninge doen. Daar is geen been daaronder waarop die blaas kan rus nie. As daardie spiere hul tonus verloor, sak die blaas effens (of baie) uit. Dit is dan dat ’n bietjie urien uitlek, veral as jy effens druk op jou bekken plaas, soos as jy lag of nies.”

Ons hoofsaaklik sittende, onaktiewe leefstyl doen min vir ons spiere oraloor. Daarom is ons spiertonus doer onder waarskynlik net so pap of ferm as ons arm- en maagspiere.

En ás ons oefen, doen ons dit dikwels verkeerd. Hoë-impak- aërobiese oefening is vir seker goed vir jou hart maar die rondspring sit ook baie ekstra druk op die spiere van die pelvisvloer. As jy effens oorgewig is en die spiertonus hier is swak, kan impakoefening die pelvisspiere laat verslap, met inkontinensie tot gevolg juis omdat jy oefen.

Die vier hoofredes vir inkontinensie hou direk verband met alles wat die spiere van die bekkenvloer beïnvloed, sê sy:

  • Jou ouderdom: Hoe ouer jy is hoe groter is die kans dat jou pelvisspiere verslap het, net soos die spiere van jou gesig verslap en tot plooie lei.
  • Die aantal swangerskappe waardeur jy is: Elke swangerskap sit ongelooflike druk op die beenlose pelvisvloer. Baie mense dink ’n normale bevalling veroorsaak inkontinensie, en dat ’n keisersnit  jou teen inkontinensie later in jou lewe gaan beskerm. Dit is onwaar, verduidelik dr. Novikova. Kontinensie word direk aan die aantal volterm swangerskappe gekoppel, ongeag of jy normaal gekraam het, ’n keisersnit of ’n induksie gehad het. Die gewig van elke baba vir nege maande lank op die pelvisvloer veroorsaak geweldige druk op die pelvisvloer. Daarby skei jou liggaam veral in die laaste weke voor geboorte twee hormone, progesteroon en relaksien, af wat jou spiere effens laat verslap sodat die geboorte makliker kan plaasvind. Elke swangerskap dra dus ook by om jou pelvisspiere effens te laat verslap.
  • Gewig rondom jou middel: Hoe swaarder jou romp hoe meer druk op die pelvisvloer.
  • Doen jy impaksport, of is jy ’n superatleet? Tussen 30% en 40% van superatlete en professionele dansers ervaar inkontinensie van hul middeljare af. Hul kans hierop is drie keer hoër as by gewone vroue.

Lees ook: 8 irritasies om te vermy vir blaasinfeksie

Raad vir inkontinensie

Al bly die gebruiklike raad om inkontinensie te help voorkom dieselfde as altyd, is hierdie dinge steeds die doeltreffendste raad teen inkontinensie:

  • Doen jou kegeloefeninge elke dag. (Loer hier om te sien hoe om dit reg te doen)
  • Hou jou gewig dop.
  • Piepie op die regte manier sodat jy jou blaas volkome ledig.
  • Bly fiks. Lae-impakoefening soos stap, fietsry, swem, joga en pilates is goed vir jou spiertonus oraloor. Oppas vir ooroefening en veral as dit ’n hoë-impaksportsoort is, soos aërobiese gim, hardloop en netbal, en selfs touspring.

Lees ook: Wat jy moet weet oor swaar menstruasie

Wat van ’n blaasoperasie, soos die “sling”-tegniek?

Dr. Novikova beveel aan dat jy dit as laaste uitweg oorweeg. Probeer eers alles voor jy vir chirurgie gaan.

En is daar  medikasie vir inkontinensie?

Sy sê daar is nie regtig medikasie wat vir inkontinensie as sodanig help nie. Tog kan estrogeen help om die weefsel soepel te hou, terwyl dokters soms sekere medikasies voorskryf om sekere vorms van inkontinensie te probeer beheer. Sekere medikasies veroorsaak dat jou liggaam meer urien vorm. As jy sukkel met inkontinensie laat jou dokter en/of apteker veral jou chroniese medikasie evalueer.

Lees ook: 6 tekens van swangerskap

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.