kategorieë: TrendsMode

Mode onder R500: Lente

Mode onder R500: Lente deur Bea Lingenfelder en Susra Mathee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Lenteklerekas is dikwels ’n kombinasie van jou somerklere en enkele winterstukke wat jy nog nie weggepak het nie. Ons is opgewonde oor die helder geel en vrugtekleure wat teen ’n roomkleurige agtergrond uitstaan.

‘n Mens is sommer lus en spring dadelik in ’n kortbroek in, maar hierdie tyd van die jaar is die weer redelik onvoorspelbaar, daarom is veelsydigheid belangrik. Pak jou warm woltruie, dik jasse en gebreide serpe weg, maar hou snyersbaadjies, kimono’s en denimbaadjies uit vir die koel skemerluggie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mode onder R500: Lente

Item 1: Midirok

‘n Vloeiende somerrok is onweerstaanbaar. Hierdie sagte kleure is vroulik en elegant en word mooi afgerond met beige of denim.

Midirok (R329) H&M Consious Collection

Item 2: Knopieshemp

Strepe sal altyd in die mode bly, omdat dit ‘n neutrale patroon is wat nie met ander bots nie. Die hemp pas net so goed by kortbroeke soos by formeler pakbroeke. Rol jou moue op vir ‘n gemaklike voorkoms.

Knopieshemp (R379) Woolworths

Mode onder R500: Lente

Item 3: Somersandaal

#rrwenk: Hou jou oë oop vir hierdie kleur! Jy sal dit die seisoen nog baie sien.

Sandaal (R350) Foschini

Item 4: Sonbril

Dierepatrone het so gewild geword dat modevoorstanders hierdie motief as ‘n neutrale item beskou wanneer hulle uitrustings stileer. As jy nie ‘n aanhanger van dierepatrone is nie, kan jy nie verkeerd gaan met die klassieke skilpaddopsonbril om jou uitrusting af te rond nie.

Sonbril (Rvanaf 199) ByCara

Mode onder R500: Lente

Item 5: Korbroek met gordel

Roesbruine en die kleurpalet van ‘n sonsondergang is vanjaar gewild. Dit pas by die veltoon van die meeste mense en laat jou uitrusting nie vaal lyk nie.

Vir die somer speel ons slim en dra hierdie warm kleure in koel materiale soos katoen of linne.

Kortbroek (R249,99) The Fix

Item 6: Oorringe vir lente

Wat is die lente sonder ‘n blom? Hierdie oorringe met hul vrolike kleur en stylvolle ontwerp sal enige uitrusting opkikker.

Oorringe (R179) Curativ

Mode onder R500: Lente

Item 7: Leergordel

‘n Gordel is jou beste vriend – ongeag die seisoen. Ons is gaande oor die oneindige stileringsmoontlikhede wat ‘n gordel jou bied, en glo ‘n leergordel is ‘n goeie belegging.

Leergordel (R225) Old Khaki

Loer hier vir nog lekker kopies en goeie idees

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.