Foto: Pexels
David Bellairs, direkteur van die Cape Town Cycle Tour sê daar was ’n tegniese kwessie met hul direkte e-pos-stelsel. “Weens hierdie probleem, en om mense ’n kans te gee om na betaaldag hul inskrywings te finaliseer, het ons besluit om die inskryfdatum vir volgende jaar se toer uit te skuif.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Voornemende fietsryers kan op die Cycle Tour se amptelike webwerf inskryf: capetowncycletour.com
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Internasionale fietsryers moet voor 23 Februarie inskryf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Op 11 Maart 2018 sal fietsryers op die ou historiese Parade regstaan om vanaf die nuwe beginpunt in Kasteelstraat langs die Kasteel weg te spring. Die nuwe wegspringpunt is maar net een van vele nuwighede om te verseker dat die ikoniese fietswedren ’n hoogtepunt vir elke fietsryer wat deelneem, bly. Die roete is steeds die gebruiklike 109 km.
Na verlede jaar se groot teleurstelling, toe gevaarlike sterk winde die wedren in die wiele gery het, is koppe bymekaar gesit en heelwat beplanning gedoen om ’n meer wind-vriendelike wegspringpunt te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ons besef dat min areas immuun is teen die Kaapse Dokter, maar ons glo hierdie skuif gaan die risiko vir gevaarlike dwarrelwinde tussen geboue verminder.” Heelwat werk is in samewerking met die Disaster Management Services, City of Cape Town, Pedal Power Association en kenners op die gebied van meteorologie gedoen om meer duidelikheid te kry oor wind by die wegspring en tydens die wedren en daar word ook nuut gekyk na riglyne vir wind.
Die CTCT is die grootste individuele fietsren ter wêreld waar amptelike tye geneem word en neem fietsryers deur van die mooiste areas in die Skiereiland.
Die nuwe wegspringarea bied meer spasie wat moontlik ’n ontbytstasie sal insluit en ander dienste ook. Dit sal ook die sentrale MyCity-busstasie in Hertzogstraat oopstel wat voorheen deur die wegspring langs die stadsaal oorgeneem het.
Bly op datum met die jongste nuus oor die CTCT op Facebook by cycletour | Twitter @CTCycleTour of Instagram @ctcycletour
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.