kategorieë: LeesOntspanning

Grieta, hoofstuk 16

Na weke se gesukkel met visums en besprekings het Klaus en Magriet op Heathrow-lughawe geland. Magriet was kinderlik opgewonde om saam met hom die uitgelese galerye in Londen te besoek. ’n Besoek aan Amsterdam en Parys was ook op diereisplan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe Klaus haar inlig van George Cruz se ornitologiese uitstalling in Londen, het Magriet geweet sy moet die uitstalling bywoon om inspirasie te kry vir haar komende uitstalling. “Dis reg, Meisiekind, gaan leer by die beste,” het Klaus gesê en ’n lys van ander uitstalling wat sy ook moet besoek in haar hand gestop. Magriet was onseker om alleen deur Londen te reis en daarby wou sy graag haar ervaring met iemand deel en Klaus het haar probeer oortuig om haar grimmigheid met Erik uit te sorteer en hom saam te neem. Sy was nie lus om dit te doen nie en Klaus se tweede opsie om Mariaan saam te neem, het haar ook nie opgewonde gemaak nie, want Mariaan deel nie haar passie vir die fynere kunste nie. Magriet het van die begin af geweet daar is net een mens met wie sy die reis wil meemaak. Klaus Verdoorn het die regte kennis en daarby het sy ’n behoefte gehad om hom nog beter te leer ken. Sy het gedagdroom hoe hulle deur die straatjies van Parys gaan drentel en by straat-kafeetjies kan sit en wyn drink. Sy het gedink die toer saam met Klaus sal haar finaal laat besef waar sy met hom staan. Soms het sy gedrag haar laat voel hy stel in haar as vrou belang, maar ’n stukkie twyfel in haar hart het haar gewaarsku dat sy nie te veel in sy sjarme moet lees nie. Nietemin, Klaus het geweet hoe om haar spesiaal te laat voel en dit is presies wat sy in daardie stadium van haar lewe nodig gehad het. Niemand kon ’n eksklusiewe avontuur reël soos Klaus nie. Hy het haar een oggend met ’n warmlugballon oor die Vredefort-koepel geneem. “Kyk, Meisiekind. Kyk hoe kronkel die rivier deur die paradys. Dit is wat ek vir jou wil gee. Jy verdien ’n koninkryk.” Met die besoek van die Russiese balletgeselskap het hy gereël dat hulle ’n eksklusiewe repetisie bywoon. Net hulle was in die groot saal. Hy het haar hand vasgehou en die weergawe van die storie van die Swanemeer wat hy in haar oor gefluister het, was die mooiste wat sy nog ooit gehoor het. Klaus het gereël dat die botaniese tuine een aand net vir hulle oopgesluit word. Hy het ’n reisdeken onder die sterre oopgesprei en die sterre-konstellasies aan haar uitgewys. “Dit is wat ek jou wil gee, Meisiekind. Die uitspansel se diamante. Ek wil die melkweg in jou blou oë sien skitter.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klaus het haar kop laat sweef deur die planete. Soms het dit in ’n hemelruim-dwarrelwind beland en soms op die stert van ’n komeet gery. Hy het soene in haar hare geplant en graag haar gesig tussen sy mooi hande gehou as hy met haar praat. Dan het dit nie aan haar saak gemaak watter verdoemende getuienis Erik in die bruin koevert gebring het nie. Klaus kon haar laat vergeet van geel pers berigte en sosiale foto’s saam met ander vroue. Hy het haar laat voel dat net sy saakmaak. Hy het haar altyd met respek behandel en nie een keer die lyn tussen flirtasie en intimiteit oorsteek nie. Al het sy gewens hy wou. Sy het nagte lank rondgetol in onsekerheid oor sy planne met haar. Daar was ’n tweestryd in haar. Sy het geweier om eers te oorweeg dat Erik dalk reg kan wees. Hy is net ’n pessimistiese regsman en hy is oorbeskermend teenoor haar. Jaco het Klaus nog nie eens ontmoet nie en dit het haar effe geïrriteerd voel dat hy ook onheil sien terwyl Klaus se gedrag onberispelik is. Mariaan se toenemende negatiwiteit teenoor Klaus het sy afgeskryf as jaloesie. Mariaan het ’n skielike eensame punt na haar egskeiding bereik en Magriet het geweet hoe aaklig dit voel om naweke alleen by die huis te sit terwyl ander mense uitgaan en kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klaus se fisieke weerhouding het Magriet se hormone gefrustreer. Sy was gereed om hom vas te druk en in nagte van passie deur die sterre te sweef.

Klaus het vir hulle plek bespreek in een van Londen se mees eksklusiewe boetiekhotels. “Dis my bederf, Meisiekind. Ek het gevra ons kamer moet naby aan mekaar wees sodat ek naby genoeg is as jy my nodig kry. Haar balkon het uitgekyk oor die nagliggies van Londen en sy was heeltyd bang sy word wakker uit die droom. Kan dit waar wees dat sy soveel geluk ervaar na al die jare van hartseer? Klaus het haar laat vergeet van alles.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste aand het Klaus haar uitgeneem na een van sy vriende se Michelin-restaurant. Sy het soos ’n prinses gevoel en Klaus het haar klein happies gourmet-lekkernye gevoer.

“Dis die soort lewe wat jy verdien, Meisiekind. Ek kan nie glo dat Stoffel ’n begeerlike vrou soos jy deur sy vingers laat glip het nie. Ek het so lank gesoek na ’n vrou met jou intellek. Jy het die lyf van ’n jong vrou en die brein van ’n wyd belese kunstenaar. Jy laat my vergeet van al die hartseer en venyn agter my. Jy is die balsem wat al die seerplekke streel wat jaloerse en bitsige mense in die bedryf gelaat het. Jy het geen idee hoeveel letsels dat op my rug is soos die lang messe van jaloerse kunstenaars my sensitiewe siel deurboor het nie.” Magriet se hart het gesing dat Erik verkeerd is! Klaus was ’n slagoffer van venynige veldtogte in ’n bedryf waarin jaloesie mense in monsters verander.

Klaus het een aand by ’n straatkafee haar hande in syne toegevou. “Ek hoop jy sal my toelaat om jou weer gelukkig te maak. Ek sal jou die lewe gee wat jy verdien. Dink daaroor, Meisiekind. Hier voor jou sit ’n man wat ’n vrou soos jy nodig het. Ek wag al jare vir iemand soos jy.”

Magriet se hart het gejubel. By haar kamerdeur het Klaus haar uiteindelik in sy arms toegevou. Haar hormone het oor die maan gespring.

“Nag, Meisiekind. Dis beter dat jy nou gaan slaap, anders vergeet ek ek is ’n gentleman.”

Magriet het op haar balkon gestaan en kersietwak-bolle oor Londen se naglug uitgeblaas. Sy het gestaan en wag dat Klaus Verdoorn weer aan haar kamerdeur klop. Maar Klaus was ’n gentleman. Hy het nie gekom nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.