kategorieë: KalenderOntspanning

Inskryfdatum vir CTCT uitgeskuif na 3 Oktober

David Bellairs, direkteur van die Cape Town Cycle Tour sê daar was ’n tegniese kwessie met hul direkte e-pos-stelsel. “Weens hierdie probleem, en om mense ’n kans te gee om na betaaldag hul inskrywings te finaliseer, het ons besluit om die inskryfdatum vir volgende jaar se toer uit te skuif.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voornemende fietsryers kan op die Cycle Tour se amptelike webwerf inskryf: capetowncycletour.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Internasionale fietsryers moet voor 23 Februarie inskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op 11 Maart 2018 sal fietsryers op die ou historiese Parade regstaan om vanaf die nuwe beginpunt in Kasteelstraat langs die Kasteel weg te spring. Die nuwe wegspringpunt is maar net een van vele nuwighede om te verseker dat die ikoniese fietswedren ’n hoogtepunt vir elke fietsryer wat deelneem, bly. Die roete is steeds die gebruiklike 109 km.

Na verlede jaar se groot teleurstelling, toe gevaarlike sterk winde die wedren in die wiele gery het, is koppe bymekaar gesit en heelwat beplanning gedoen om ’n meer wind-vriendelike wegspringpunt te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ons besef dat min areas immuun is teen die Kaapse Dokter, maar ons glo hierdie skuif gaan die risiko vir gevaarlike dwarrelwinde tussen geboue verminder.” Heelwat werk is in samewerking met die Disaster Management Services, City of Cape Town, Pedal Power Association en kenners op die gebied van meteorologie gedoen om meer duidelikheid te kry oor wind by die wegspring en tydens die wedren en daar word ook nuut gekyk na riglyne vir wind.

Die CTCT is die grootste individuele fietsren ter wêreld waar amptelike tye geneem word en neem fietsryers deur van die mooiste areas in die Skiereiland.

Die nuwe wegspringarea bied meer spasie wat moontlik ’n ontbytstasie sal insluit en ander dienste ook. Dit sal ook die sentrale MyCity-busstasie in Hertzogstraat oopstel wat voorheen deur die wegspring langs die stadsaal oorgeneem het.

Bly op datum met die jongste nuus oor die CTCT op Facebook by cycletour | Twitter @CTCycleTour of Instagram @ctcycletour

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.