kategorieë: InspirasieJou lewe

Inspirerende projekte vir Mandela Dag

Tshwane Place of Safety Association

Die akteurspaartjie Pierre van Pletzen en Sandra Vaughn is die beskermhere van die Tshwane Place of Safety Association (TPOSA).  “Mense wat babas sonder heenkome vind, bring hulle hierheen,” vertel Sandra. “Daar is vyf plekke van veiligheid  wat elk tot ses babas kan neem; ander babas word in die bekwame hande van pleegsorggesinne geplaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die babas kry onmiddellik vel-teen-velterapie. Ek het al gesien hoe een van die vroue ‘n baba met onder meer MIV Vigs en Hepatitis B drie maande lank teen haar lyf dra.  Dis wonderlik om te sien hoe die getraumatiseerde babas geleidelik leer om te ontspan en hulle liefdevolle versorgers te vertrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

”Die Tshwane Haven is ’n huis in Waterkloof wat deur weldoeners geskenk is om babas en kleuters met mediese probleme te huisves. So is daar byvoorbeeld Thumi, wat ’n vorm van ‘dwarfism’ het, en Felicity, wat sonder arms en bene gebore is. Daar is soms tot agt kinders en dis ongelooflik om te beleef hoe alles moontlik gedoen word om elke siek kleintjie deur te haal en weer mens te laat word. Daar is ook dokters wat hulle dienste gratis beskikbaar stel om te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy so voel, kan jy ’n donasie gee of hulp aanbied by www.placeofsafety.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

67 000 toebroodjies deur Shoprite

Die Shoprite-groep het die taak onderneem om 67 000 toebroodjies op Mandela Dag aan verskeie plaaslike liefdadigheidsorganisasies te skenk. So ook het hulle die belofte gemaak om dié liefdesdaad voort te hou deur elke maand, tot en met Mandela Dag 2017, dieselfde aantal toebroodjies vir liefdadigheid te skenk.

Dié inisiatief vorm deel van die groep se Hunger Relief-program wat daargestel is om surplus kosse van alle Shoprite-winkels aan nie-winsgewende organisasies te skenk.

Ter ondersteuning van dié toebroodjie-inisiatief word alle Shoprite-werknemers, asook die groep se hoofkantoor, gemobiliseer om as vrywilligers vanaf 18 Julie, tot einde vandeesmaand, 67 minute van hul normale werksdag te bestee om toebroodjies voor te berei.

Indien jy ’n donasie wil maak kan jy R5 by enige Shoprite-betaalpunt skenk. Alle fondse wat op dié wyse ingesamel word sal aan liefdadigheidsorganisasies en voedingskemas geskenk word ten einde hongersnood in ons land se plaaslike gemeenskappe te bekamp.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.