kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: Hilda Lunderstedt

Dis vir vroue nou makliker as ooit om bestuursposisies te beklee, maar ongelukkig is vroue geneig om hulself te onderskat en hulle is dikwels ook bang vir verandering,” sê Hilda.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Hulle sal jare lank in ’n werk sit wat hulle nêrens bring nie, of vir ’n baas werk wat hulle geen ruimte bied om te groei nie en steen en been kla, maar niks daaraan doen nie. As jy voel iets pla, besluit wat jou opsies is en doen dadelik iets daaraan. En onthou, enige ervaring, selfs ’n negatiewe een, is ’n goeie ervaring, solank jy iets daaruit leer.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hilda het haar loopbaan as apteker begin en ’n paar beroepsdraaie gegooi. Toe sy sien die vraag na gesondheid- en vitamienprodukte neem toe, het sy haar eie maatskappy, Nutri-Lida Healthcare, gestig. Tien jaar later was dit die grootste en winsgewendste gesondheidsprodukmaatskappy in die land.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het die maatskappy in 2011 verkoop.  “Vroue in die sakewêreld is venynig met mekaar. As ons kan saamstaan, kan ons mekaar baie help. Vroue se krag lê juis daarin dat ons anders as mans is en jy hoef nie ’n man te wees om aanvaar te word nie. Definieer wat sukses vir jou is en wees gemaklik daarmee. Moenie iemand anders se definisie van sukses probeer wees nie. Jy is uniek en dit dra tot jou sukses by.”

Sy glo vas dat ’n mens heeltyd positief moet wees; oor die lewe én jouself. “Ons moet ophou negatief wees oor ons land, ons werk en onsself. Mense kla so oor die land. As jy baie reis, kom jy agter dat elke land sy eie probleme het en dat Suid-Afrika steeds die beste is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Gesels oor positiewe goed en leer jou kinders om positief te wees. As jy gelukkig is, trek jy meer positiewe mense aan. Die vyf mense die naaste aan jou en wat jy die meeste sien, gaan jou ingesteldheid bepaal. Omring jy jou met negatiewe, klaerige mense, gaan jy die lewe só sien. Boonop trek hulle jou af tot op hul vlak.

“Ons Afrikaners spog mos nie graag met onsself nie. Wees trots op wat jy vermag en moenie skaam wees vir jou sukses nie. Onthou, dit wat jy uitstraal, is die beeld wat ander van jou vorm en wat jy terugkry.”

Haar wenk is om elke dag vyf dinge te identifiseer waarvoor jy saans dankbaar gaan wees en skryf dit neer. “As jy saans met positiewe gedagtes gaan slaap, word jy ook so wakker. Dit kan die lekker koffie saam met ’n vriendin wees, die inspirerende spreker waarna jy geluister het, die snoesige duvet op jou bed … Maar jy mag nie die volgende aand iets op jou lysie herhaal nie. As jy heeldag op die uitkyk is na positiewe dinge, sal jy dit ook makliker raaksien.”

Dit help jou ook om ’n kopskuif na die positiewe te maak. “As jy saans by die huis kom en kla oor alles wat so moeilik is, plaas jy jou gesin ook in ’n negatiewe bui. Kyk liewer wat jy kan doen om dinge beter te maak. Om jou kop reg te kry, kos jou niks, maar dit kan jou hele lewe verander.

“As ek iets kon oorhê, sou ek graag in my twintigerjare ’n sake- en lewensafrigter wou spreek wat my kon mentor en ’n plan vir die toekoms gegee  het. My sukses het eintlik heel per ongeluk gebeur, maar nou wil ek graag ander mense leer om sukses te behaal.” Hilda is besig om geleenthede te beplan wat daarop gemik is om sakevroue en spesifiek entrepreneurs te help met die kwessies wat die meeste vroue pla.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.