kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Introvert? Hier’s netwerkraad

Of jy ’n entrepreneur is, of vir ’n groot maatskappy werk, jou sakenetwerk is die lewensaar wat jou onderneming laat groei en jou reputasie laat gedy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Goeie netwerk kan jare neem om op te bou, sê Helen Nicholson van The Networking Company. Maar vir introverte is dit harde werk om te sosialiseer en dit kan tot nadeel van hul onderneming wees as hulle van hierdie belangrike element wegskram.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Tog is introverte soms beter netwerkbouers as ekstroverte, want introverte weet hoe om te luister. Ekstroverte kan so besig wees om oor hul self te praat dat hulle nie altyd genoeg ruimte laat om te hoor wat die ander persoon bied nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In Susan Cain se boek Quiet: The power of introverts in a world that can’t stop talking verduidelik sy hoe introverte en ekstroverte sosiale interaksie verskillend ervaar, maar dat elkeen se bydrae ewe waardevol is.

“Mense maak ’n fout as hulle dink netwerke word net by luide skemerkelkiepartytjies gebou. Jou kanse is veel groter om goeie kontakte te maak in omstandighede waar jy rustiger kan gesels en op een persoon fokus,” sê Helen. Introverte moet hulle daarop toespits om hul netwerk op hierdie meer persoonlike manier op te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Doeltreffende opvolgwerk ná ontmoetings is die sleutel tot ’n netwerk, en introverte volg oor die algemeen beter op. Ekstroverte raak opgewonde oor die nuwe mense wat hulle ontmoet en genereer ’n groot klomp energie in die gesprek, maar volg nie altyd so pligsgetrou op nie. As jy nie binne 48 uur opvolg nie, het jy die kontak verloor.

As jy nie binne 48 uur opvolg nie, het jy die kontak verloor

Gebruik sosiale media doeltreffend

Sosiale media is ’n kragtige manier om by die regte mense uit te kom, maar dis nie die wenstreep nie. Jou volgende stap is altyd om iemand van aangesig tot aangesig te ontmoet en die kommunikasie persoonlik te maak.

LinkedIn word gesien as die lelike stiefsuster op die sosiale media-podium, maar as jy dit doeltreffend gebruik, kan dit een van jou beste wapens wees. Dit moet eerder ’n verlenging van jou persoonlike handelsmerk wees as ’n passiewe podium. Gebruik dit om twee tot drie keer per week ’n skakel vir ’n relevante artikel wat jy gelees het op te sit. Maak ook seker dat jou profiel maklik lees en dat jou versoek om kontak te maak ’n persoonlike een eerder as die standaard een is,” sê Helen.

Hoe volg jy op?

As jy ’n baie spesifieke gesprek met iemand gehad het, kan jy die persoon die volgende dag bel, maar vir meer vae kontakte is ’n e-pos beter. Hou dit kort en bondig. Verduidelik wie jy is, en sê dat julle mekaar ontmoet het. Verduidelik dan hoe jou onderneming haar/sy probleem kan oplos. As die persoon belang stel, kan dit later opgevolg word met ’n oproep en vorder tot ’n ontmoeting. Netwerkvorming berus op gedeelde vertroue en dis belangrik dat jy eers hierdie basis lê voor jy verder kan gaan.

Netwerkvorming berus op gedeelde vertroue en dis belangrik dat jy eers hierdie basis lê voor jy verder kan gaan

Wees strategies met die kontakte wat jy opvolg en verder voer. Jy kan drie tot vier koffie- en ontbytgeleenthede per week doen, maar dit beteken niks as jy nie vooraf vasstel of hierdie mense werklik waardevol gaan wees nie. Anders mors jy hulle en jou tyd. Wees eerder realisties – nie almal gaan goeie kontakte wees nie. Die geheim lê daarin dat jy voor die tyd navorsing doen en net die kandidate met goeie moontlikhede verder voer.

Dis ook goed om te onderskei tussen kort- en langtermynkontakte. Helen glo daarin dat jy “boer” eerder as “jag” as jy ’n netwerk bou. Dus: sien jou kontakte as ’n belegging wat dalk nie dadelik vrugte afwerp nie. Entrepreneurs weet nie noodwendig wie die “influencers” is nie en dis belangrik om na mense te luister sodat jy ’n goeie idee kan kry van wat en wie hulle is.

Hoe gaan jy te werk by gesellighede?

Onthou, dis ’n geleentheid waar mense reg is om kontak te maak en hulle verwag dat vreemdes met mekaar gesels.

• Die beste kontakte word aan die begin en aan die einde van ’n geleentheid gemaak omdat daar dan minder mense is en jy beter met hulle kan gesels. Probeer vroeg opdaag sodat jy nie oorweldig voel nie. Dan het jy die voordeel dat jy na die naamkaartjies op die tafel kan kyk van mense wat nog moet opdaag en sien watter maatskappye hulle verteenwoordig. Maak ’n lysie van mense wat jy graag sou wou ontmoet.

• Wees kieskeurig oor watter gesellighede jy bywoon. Bel jou naaste sakeskool en vra hoe jy op hul adreslys kom. Hul gesellighede is gewoonlik gerig op netwerkvorming en daar is altyd interessante mense.

Eet by die huis. Dis bitter moeilik om sinvol te kommunikeer as jy ’n drankie en ’n bordjie in die een hand balanseer en wonder hoeveel van die samoesa tussen jou tande vassit.

• Gaan alleen. As jy ’n kollega of vriend saamneem, is daar ’n kans dat jy die hele aand met hulle gaan gesels. Onthou, dis werk, nie pret nie.

• Nader groepies van drie mense. As jy groepies van twee nader, is jy ’n “indringer”. Luister tot jy ’n groepie kry wat oor dinge gesels waarin jy belang stel en staan daar nader terwyl jy die spreker met jou oë volg en glimlag. Gebruik jou lyftaal om te wys dat jy luister en lewer dan kommentaar as die geleentheid hom voordoen en stel jouself voor.

Besigheidskaartjies is steeds waardevol. Plaas jou foto daarop sodat mense jou agterna kan onthou en gebruik albei kante van die kaartjie deur jou dienste te lys.

Oefen vooraf jou “hysbakpraatjie”: ’n toesprakie van 30 sekondes waarin jy vertel wie en wat jy is, wat jy doen en hoekom jou diens waardevol is. Net lank genoeg voor ’n hysbak
se deur weer oopmaak en mense uitloop.

• As jy vreeslik angstig raak, haal diep asem en fake it till you make it. Troos jou daaraan dat jy nie die enigste angstige een is nie, en dat die sosiale vlinders wat dit so maklik laat lyk, nie noodwendig blywende en waardevolle kontakte maak nie.

• Al maak jy net een of twee betekenisvolle verbintenisse met mense by ’n geselligheid, het jy uitstekend gevaar.

Drie wenke om ’n gesprek te begin:
• Neem waar, vra, ontbloot.
• Jy kan by voorbeeld opmerk dat jy die enigste vrou by die beleggingsgeleentheid is, vra die ander persoon of hy ’n belegger is, vertel iets van jouself soos dat jy ’n groentjie in die veld is. Dit skep die regte geleentheid vir die ander persoon om iets oor hom/haarself te sê. Dus maak julle meer persoonlike kontak.
• Mense hou daarvan om oor hulself te praat. Vra “hoekom is jy hier?”

Wees voorbereid en fokus op jou sterk punte

Dis ’n mite dat introverte nie welsprekend is nie, sê Tamryn Sherriffs van Eloquent Introverts. “Introverte is goeie luisteraars en hulle is ook nuuskierig. Mense verwar skaamheid – waar mense bang is om geoordeel te word – en introversie – hoe mense op sosiale stimulasie reageer. Introverte voel oorweldig tussen groot groepe mense en sosiale interaksie is vir hulle uitputtend. Hulle dink hulle is nie goed met sosialisering nie en raak dan angstig. As dit jou uitput, gaan net vir ’n uur of so na ’n geselligheid en beloon jou agterna met ’n ontspantydjie. Introverte hou nie daarvan om weerloos te voel nie. Maak seker jy is goed voorbereid, en sorg dat jý die vrae vra eerder as dat iemand jou in die kollig plaas. Herinner jou daaraan dat die doel van netwerkvorming nie vir die pret is nie. Dis ’n manier om jou produk te adverteer, nuwe klante te kry … As jy weet hoekom jy dit doen, sal dit jou motiveer.

Kontak Tamryn by ts@tamrynsherriffs.com en besoek Facebook vir aanlynkursusse.

Wenke verskaf deur Helen Nicholson van The Networking Company • Haar boek Networking for Introverts verskyn later vanjaar.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.