kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is dit verkoue of is dit griep?

Al was jy jou hande gereeld, eet vitamien- en antioksidantryke vrugte en groentes, kry die griepinspuiting, en het jy die hoogste gehalte Franse homeopatiese griepmedikasie tot jou beskikking, loop jy steeds die risiko om siek te word omdat verkoue en griep só aansteeklik is. Omdat jy jou liggaam en gesondheid moet beskerm, is dit baie belangrik om die verskille tussen hierdie twee winterkwale te herken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alhoewel beide verkoue én griep lugweginfeksies is wat veroorsaak word deur verskillende virusse, kan ’n mens tussen die twee onderskei deur die erns van die simptome te bestudeer. Indien jy skielik siek word en binne ’n paar uur koors of lyfseer het en ongelooflik moeg is, het jy beslis griep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verkoue, aan die ander kant, vererger oor ’n paar dae en veroorsaak ’n geblokte of loperige neus, ’n seer keel, en dat jy baie hoes en nies. Dit is belangrik om te besef dat griep nie net ’n erge verkoue is wat vinnig sal oorwaai nie. Griep is baie gevaarlik en omdat dit so aansteeklik is en vinnig versprei, kan ’n mens se weerstand daarteen vinnig verlaag. Indien jy nie mediese hulp kry nie, kan jy maklik sekondêre infeksies opdoen soos erge sinus- en oorinfeksies, brongitis of longontsteking. Indien jy hierdie toestande te lank ignoreer of nie behandel nie, kan dit lei na hospitalisasie, of selfs die dood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe beskerm jy jou liggaam teen verkoue en griep?

Omdat daar geen genesing vir verkoue en griep is nie, word die simptome gewoonlik behandel. Neem hoesmedisyne, pynpille, suigtablette vir jou keel en maak seker dat jy gesonde soppe (veral hoendersop), inneem. Drink ook afgewaterde vrugtesappe of kruietee om seker te maak dat jy gehidreer bly. Maak ook seker dat jy genoeg vitamien C inneem deur óf ’n aanvulling in te neem, óf baie lemoene, naartjies, pomelo’s en kiwivrugte te eet. Indien jou keel baie seer is, kan jy warm water drink wat met suurlemoensap en heuning gemeng is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Klik hier vir ’n lekker hoendersop-resep

Soos met verkoue, is dit goed om te wag dat griep maar sy pad loop, en om weereens die simptome te behandel. As jy griep het, bly eerder in die bed en rus behoorlik uit sodat jou liggaam weer kan aansterk. Moenie werk toe gaan nie, want jy kan baie maklik ander mense aansteek én nog boonop jou liggaam uitput wat onnodige komplikasies kan veroorsaak. Indien jy ná 3 dae van rus steeds koors het, jou simptome vererger, of ’n erge hoofpyn ontwikkel, is dit noodsaaklik dat jy jou dokter raadpleeg.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.